Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

RUT 4:11-12 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

RUT 4:11-12 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die leiers en almal wat in die stadspoort bymekaar was, het toe bevestig: “Ons is getuies. Mag die Here die vrou wat nou in jou huis inkom, soos Ragel en Lea maak wat saam gebou het aan die volk Israel. Verwerf aansien in Efrata en maak naam vir jouself in Betlehem. Mag die nageslag wat die Here jou uit hierdie jong vrou sal gee, wees soos dié van Peres wat deur Tamar vir Juda in die wêreld gebring is.”

RUT 4:11-12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe sê al die mense wat in die poort was, en die oudstes: Ons is getuies; mag die HERE die vrou wat in jou huis inkom, maak soos Ragel en soos Lea wat saam die huis van Israel gebou het; en verwerf mag in Éfrata en maak 'n naam in Betlehem! En mag jou huis word soos die huis van Peres wat Tamar vir Juda gebaar het — uit die nageslag wat die HERE jou uit hierdie jong vrou sal gee!

RUT 4:11-12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe sê die leiers en almal wat daar staan: “Ons is getuie. Mag die HERE die vrou wat nou in jou huis inkom, maak soos Ragel en Lea, van wie die hele volk afgestam het. Mag jy aansien in Efrata en beroemdheid in Betlehem verwerf. “Mag die HERE deur hierdie vrou vir jou afstammelinge gee wat sal wees soos ons stamvader Peres, die seun van Tamar en Juda.”

RUT 4:11-12 DB (Die Boodskap)

Die leiers en die ander mense wat by die ingang van die dorp bymekaar was, het toe gesê: “Ons is getuies! Mag die Here Rut seën met baie kinders soos dié van Jakob se twee vroue, Ragel en Lea. Mag jy ’n belangrike man wees in Efrata. En mag jy in Betlehem iemand wees na wie die mense opsien. Mag die Here vir jou kinders by hierdie jong vrou gee, wat net so baie en so gelukkig sal wees soos dié van ons voorvader Peres, die seun van Tamar en Juda.”

RUT 4:11-12 ABA (Bybel vir almal)

Al die mense in die poort en al die leiers het gesê: “Ja, ons is getuies. Ons bid dat die vrou wat nou in jou huis sal kom, soos Ragel en Lea sal wees, die twee vroue uit wie die volk Israel kom. Ons bid dat jy ryk sal word en dat jy 'n belangrike man sal wees hier in Betlehem. Ons bid dat die kinders wat die Here vir jou en hierdie jong vrou sal gee, sal wees soos die kinders van Peres, die seun van Juda en Tamar.”

RUT 4:11-12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Al die mense wat by die dorpspoort was en die oudstes sê toe: “Ons is getuies. Mag die HERE gee dat die vrou wat in jou huis inkom soos Ragel en Lea sal wees, die twee wat die huis van Israel gebou het. Mag jy van krag tot krag gaan in Efrata en roem verwerf in Betlehem! Mag, uit die nageslag wat die HERE vir jou uit hierdie jong vrou gee, jou huis wees soos dié van Peres wat Tamar vir Juda in die wêreld gebring het.”

RUT 4:11-12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die hele volk wat in die poort was, en die ouderlinge het gesê: Ons is getuies. Die HERE maak die vrou wat in jou huis gekom het soos Ragel en soos Lea, wat twee die huis van Israel gebou het; en doen jy waardig in Efrata en word beroemd in Betlehem. En laat jou huis wees soos die huis van Peres wat Tamar vir Juda gebaar het, uit die nageslag wat die HERE jou van hierdie jong vrou sal gee.