JakobusVoorbeeld
Oordenkingsvrae:
1. Op watter maniere kan ons oefen om nie te gou te praat nie? Hoe is woede teen die geregtigheid van God?
2. Hoekom is dit belangrik om te doen wat God se Woord vir ons sê? Wanneer ons net lees en studeer, maar ons is nie “doeners van die woord" nie, wat wys dit oor onsself? Wat is ware godsdiens?
3. Wat is die sonde van bevooroordeeldheid? Hoekom is dit sleg? Hoe doen ons hierdie sonde?
4. Wie het die wet van God verbreek? Hoe is dit dat as ons een deel breek, ons skuldig is daaraan dat ons die hele wet verbreek het?
5. Regdeur die Skrif word ons vertel dat ons gered is deur die geloof, NIE deur werke nie (Efes. 2:8-9; Gal. 2:21; Rom 9:16, 11:16). Wat bedoel Jakobus wanneer hy sê geloof sonder werke is dood?
Aangaande hierdie leesplan
Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studie kyk ons dieper na God se wysheid oor lyding, die krag van gebed, die belangrikheid om die tong te beheer, en die gevare van rykdom. Jakobus daag ons uit om nie net te praat nie, maar om tot die daad oor te gaan; om ons geloof uit te leef in 'n moedige strewe na heiligheid. Maar omdat niemand van ons perfek is nie, is dit belangrik om Jakobus te lees deur die lens van die evangelie. Soos jy hierdie boek bestudeer, soek na die dinge waar jy tekortskiet en bely dit, word bemoedig deur Christus se oorvloedige genade en word gemotiveer om 'n godsvrugtige lewe te leef deur Sy krag en vir Sy glorie.
More
Ons wil graag Love God Greatly bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com