Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld
Lees: Kolossense 3:2, 2 Timoteus 1:7, Markus 5:35-43, Filippense 4:8, Job 3:25, Psalms 23:6
SOAP: Kolossense 3:2
Wanneer ons tydperke van angs beleef, vind ons soms dat ons fokus op die negatiewe aspekte van ons lewens. Ons gedagtes word gevul met ongewenste gedagtes. Maar ons hoef nie in 'n spiraal van wanhoop te bly nie. God gee ons die vermoë om te oorwin.
Die Skrif leer ons dat God ons 'n gees van krag, liefde en selfbeheersing gegee het (2 Timoteus 1:7). Deur die krag in ons te gebruik, moet ons ons gedagtes rig op wie ons as God se kinders is.
Ons sien die verskil wat Jesus gemaak het in die lewe van Jaïrus. Die raadslid het vrees vervang met geloof, en Jesus het sy lewe vir ewig verander deur sy dogter uit die dood uit op te wek. Op dieselfde manier, wanneer ons ons denke van vrees af wegdraai en ons gedagtes plaas in die waarheid van wie Jesus is, kan ons geloof berge versit.
Ons verantwoordelikheid as gelowiges is om aan te hou om die dinge van God na te streef, selfs wanneer ons deur tydperke van vrees gaan. Om dit te doen, vereis dat ons tyd in gebed, tyd in die Woord van God en tyd in verhouding met ander gelowiges deurbring.
Op watter waarheid moet jy vandag meer ten volle staatmaak? Onthou dat ons as kinders van die allerhoogste God leef volgens die Gees, nie volgens die vlees nie. Die Gees bring lewe en vrede.
Vader God, dankie dat U my tot 'n lewe van vrede geroep het deur u Seun. Here, help my om vrede in U te vind. Ek loof U dat U my 'n verstand gegee het wat op U kan fokus. Help om my gedagtes helder te maak op dae wat ek geneig is om te vrees. Gee my 'n hart wat U bo alle ander dinge soek. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com |