Breek Vry Van Vergelyking: 'n 7-dag Leesplan Deur Anna LightVoorbeeld

Break Free From Comparison a 7 Day Devotional by Anna Light

DAG 2 VAN 7

Wat is vergelyking? 

Vergelyking is 'n vorm of openbaring van onsekerheid. Dit spruit uit 'n tekort. 'n Tekort aan identiteit. Die gebrek aan 'n doel. 'n Tekort aan selfvertroue in wie ons is in die lewe wat aan ons gegee is.

Onsekerheid gee aanleiding daartoe om leuens te glo en nie te weet of te glo wat jou ware identiteit is nie. Wanneer ons dus onsself met ander vergelyk, sê ons eintlik: "Ek weet of glo nie in wie ek is nie, en weet of glo nie in wie God is nie." 

Ons tref vergelykings omdat ons op soek is na 'n sin van sekuriteit buite onsself. Of ons dit besef of nie, is ons voortdurend op soek na waar ons in die hiërargie van die lewe inpas. Ons wil so graag weet waar ons plek in die lewe is, waar ons inpas en hoe ons teen ander opweeg, want ons het 'n gebrek aan 'n sin van sekuriteit wat van binne onsself behoort te kom. 

Dit is waar dat sommige van ons vergelykings tref weens 'n gebrek aan selfvertroue. Mense wat met vergelykings worstel, besef miskien nie hoe geseënd en talentvol hulle is nie, want hulle is te veel op ander gefokus. Ander tref weer vergelykings omdat hulle 'n mededingende of perfeksionistiese geaardheid het. Tipe-A persoonlikhede word hierdeur gedryf. Jy vaar dikwels die beste, is 'n sterk leier of die suksesvolle en visioenêre mans of vroue in jou groep of gemeenskap, dus ontstaan jou geneigdheid om te vergelyk uit jou begeerte om altyd die beste te wees. Om die beste te wees, gee jou 'n sin van sekuriteit, maar die sekuriteit is nie blywend nie. Ongeag wat jou dryf om vergelykings te tref, moet ons erken dat vergelykings nooit na ware nederigheid lei — wat God behaag — nie.

Vergelykings tref, is ook 'n dief. Mense gebruik dikwels die gesegdes: "Vergelykings roei tevredenheid uit", "Vergelykings steel vreugde", "Vergelykings vernietig jou invloed".

Vergelykings steel, roei uit en vernietig ons denke en ons harte. As gevolg hiervan is vergelykings tref 'n wapen van die vyand. Jou vyand haat jou en sal niks ontsien om die lewe van God in jou te laat afneem nie, die oorvloedige lewe wat Hy belowe. Wanneer ons aan vergelykings toegee, gee ons aan die vyand 'n vastrapplek in ons lewens en kan glad nie ervaar wat God vir ons wil gee nie.

Ons vergelyk dalk nie onsself doelbewus nie, maar die versoeking en gevaar van vergelykings is altyd by ons omdat die tref van vergelykings 'n sonde is. Soos met elke sonde, moet ons onsself aan 'n leefstyl toewy weg van sonde en weg van vergelykings af.

Tref jy vergelykings weens 'n tekort aan selfvertroue of weens 'n valse sin van sekuriteit om altyd die beste te wees? 

Here, ek bely my geneigdheid om myself met ander te vergelyk. Soms doen ek dit sonder om dit eens te besef. Ek wil beter weet wie U is en ek wil weet wie ek as gevolg van U. Ek smag na innerlike selfvertroue wat ek net deur 'n verhouding met U kan kry. Ondersoek my hart en wys my wat die oorsaak van my worsteling met vergelykings is en maak my vry in die Naam van Jesus! 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Break Free From Comparison a 7 Day Devotional by Anna Light

Jy weet God bied jou 'n oorvloediger lewe as die een wat jy nou leef, maar die hartseer waarheid is dat vergelyking jou weerhou om vorentoe te beweeg. In hierdie leesplan, onthul Anna Light insigte wat die skans sal verpletter wat deur vergelyking toegelaat word om jou vermoëns te belemmer. Dit sal jou help om die vry en oorvloedige lewe te leef wat God vir jou beplan het. 

More

Baie dankie aan Anna Light (LiveLaughLight) wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.livelaughlight.com