Sewe Maniere Om Jou Nuwe Jaar Soeter te MaakVoorbeeld

7 Days to a Sweeter Year

DAG 2 VAN 7

2. Soek na die Goeie, Blink en Positiewe in Mense

Om te soek na die goeie en positiewe eienskappe van mense, verhef ons gemoedere. Dit maak die las van negatiewe gevoelens ligter en verhoog ons waardering daarvoor terwyl ons ander dinge waardeer — of dit nou 'n sonsondergang is, 'n kunswerk, of 'n karaktereienskap van iemand is — ons ervaar genot. Die lewe is soeter wanneer ons die goeie oordink. Selfs God vertel ons om dit te doen. Of jy nou na die slegte of goeie in mense soek, jy sal heel waarskynlik vind dít wat jy soek. Volg God se raad en soek na die goeie in mense, en jy sal ontdek dat daar goeie dinge in jou gees gebeur.   

Terwyl jy dan nou besig is, gaan voort en betoon jou diepgaande erkenning teenoor mense oor die goeie wat jy in hulle raaksien. Gevoelens van onsekerheid en ontoereikendheid kom meer algemeen voor as wat jy dink. Dit is altyd goed om bemoedigende woorde van ander te hoor. Jy sal nooit weet hoe diep iemand se stryd dalk is om te glo dat alles met hulle reg is, dat hulle waardevol en "voldoende" is nie. Of dit nou 'n ongelowige of gelowige is, 'n opregte uitdrukking van erkenning kan iemand se dag opkikker. Dit sal baie moontlik ook jóú dag, as die gewer daarvan, opkikker.  

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

7 Days to a Sweeter Year

Die Joodse Nuwejaar word Rosh Hashanah genoem. Tradisionele kos en oor-en-weer groete vorm die middelpunt tot die hoop dat 'n soete nuwe jaar voorlê. Terwyl die nuwe jaar sy opwagting maak, rig ons ons gedagtes op hoe ons dinge hierdie jaar beter as die vorige jaar kan doen — maniere om onsself, ons verhoudings en ons ervaring van God te verbeter. Hier is sewe maniere om meer soetigheid in die komende jaar by jou lewe te voeg. 

More

Ons wil graag "Jewish Voice Ministries International" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://www.jewishvoice.org/fall-feasts-infographic vir meer inligting