SeksVoorbeeld
Pornografie en die geleentheid vir seksuele begeertes is oral. Twintig jaar gelede moes mens 'n groot poging aanwend om pornografie in die hande te kry. Nou kan 'n mens pornografie kry met net die kliek van 'n muis of die aanskakel van 'n televisie. Dit kan so maklik wees om in die strik van masturbasie, seksuele begeertes en seksuele onreinheid te trap. Het die Bybel enige iets oor hierdie onderwerpe te sê? Wat dink God van hoe jy ander mense behandel? Die Bybel sê nie veel oor masturbasie nie, maar dit verskaf wel goeie riglyne as dit kom by seksuele reinheid en begeertes. As jy besluit om 'n verandering te maak in die area, is die beste ding wat jy kan doen om iemand te vertel dat jy sukkel met die probleem. Dit maak dit veel makliker om te oorwin.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Seks is oral. Dit kan so maklik wees om in die strik van masturbasie, seksuele begeertes en seksuele onreinheid te trap. God verwag van ons om rein te bly, op Sy Gees te vertrou en selfbeheersing te handhaaf. Die 7 dag plan kan jou help om die pad van reinheid te loop en met die standaard te lewe wat Hy vir ons stel. Kry iemand wat jy vertrou en behandel saam hierdie leesstukke, want aanspreeklikheid is noodsaaklik wanneer dit by seksuele integriteit kom.
More
We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church