Vas Soos Daniël (10-Dag)Voorbeeld

Dag 4: Son, Staan Stil
'n Seldsame sonsverduistering het onlangs in die Verenigde State plaasgevind en die beste plek om dit te sien, was ses ure se ry van my af. Normaalweg dink 'n mens nie daaraan hoe vinnig die maan beweeg nie, maar as jy die videobeeld kyk, sien jy hoe vinnig dit oor die hele land, in enkele ure beweeg het. Die totale kyktyd na die algehele sonsverduistering was minder as drie minute.
Terwyl ons gekyk het, het dit gevoel of alles vir 'n paar minute stilstaan, en toe skielik was dit donker.
Een van die grootste wonderwerke in die Ou Testament het plaasgevind toe die teenoorgestelde gebeur het: dit was nie die maan wat klaarblyklik stil gestaan het nie, die son het in die hemelruim tot stilstand gekom, vir 'n hele dag lank.
Hoekom? Omdat een Godsman gewaag het om 'n spesifieke, gewaagde gebed te bid. Ons het so pas vyf dae lank ondersoek ingestel hoe nederige gebede kragtig kan wees, en wanneer jy dus van Josua lees, wat vir die son gesê het om stil te staan, kom dit baie gewaagd voor, selfs arrogant. Ek dink egter nie dit was arrogant van Josua om so te bid nie:
Hy het van God gehoor.
God het duidelik vir Josua gesê dat Hy sy vyande in sy mag oorgee, en toe die dag einde se kant toe begin staan sonder dat God se belofte aan sy volk vervul is, het Josua die geloof gehad om een verstommende, gewaagde gebed te bid: "Son, staan stil!"
Josua se gebed is 'n goeie voorbeeld van die volgende element van kragtige gebede waarna ons oor die volgende vyf dae gaan kyk: spesifiek (onthou — nederig, spesifiek, aanhoudend, vol verwagting).
Jesus gee vir ons gesag deur sy Naam, maar wat baat sy gesag as ons dit nie toepas nie? Nederige, spesifieke gebede is kragtig, want as ons God se hartklop ervaar en met Hom in gebed oor 'n spesifieke saak saamstem, kan dit die koers van die hemele verander — of ons harte.
Waaroor, dink jy, wil God hê jy moet vrymoedig en spesifiek bid? Die redding van 'n geliefde wat ver van God af leef? Siekte in jou liggaam? 'n Beterweterige tiener wat op 'n ramp afstuur? Maak seker dat jy die Woord van God leer ken wat hierdie sake betref — en vra Hom dan. Met waagmoed!
Nadat jy oor Josua gelees het, gaan voort met jou dag en vra God vir spesifieke, kragtige gebede wat jy in die weergalose Naam van Jesus kan bid.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Vir enigiemand wat streef na 'n hegter verhouding met God, maar nie daarvan hou om te vas nie, het ek hierdie opsie — 'n 10-dag leesplan gebaseer op die boek: Vas Soos Daniël! Die Daniël-vas het my LEWE VERANDER, en ek het gesien hoe almal wat werklik in hierdie vas betrokke was, iets besonders van God ontvang het! Maak gereed om jou aan God te verbind en kyk hoe Hy jou lewe verander!
More
Verwante Leesplanne

’n Kersfees Saam met Jesus

Wanneer dit Moeilik is om te Vergewe

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis

Anderkant die Duisternis

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

God wat Wondere Doen: Niks is vir God Onmoontlik nie

Van die Begin tot in Ewigheid

Vaste Geloof

Hardloop Jy Dalk Weg van Jou Roeping, Soos Jona?
