Onwrikbare Vertroue Deur Joyce MeyerVoorbeeld

Onwrikbare Vertroue Deur Joyce Meyer

DAG 3 VAN 5

Vertrou op God en doen wat goed is

Die vers vir vandag beloof dat ons gevoed sal word as ons op die Here vertrou en doen wat goed is, maar dit gaan nie net daaroor dat ons genoeg kos sal hê om ons te bevredig nie. Dit beteken ons sal tevredenheid en voldoening in ons siel ervaar. Ons sal dalk nog ’n paar dinge wil verander, maar terwyl ons wag, kan ons siel voldoening vind in God.

Om God te vertrou is ’n groot voordeel vir ’n kind van God. Dit laat ons toe om ons lewe te geniet in plaas daarvan om net te oorleef. Onthou, om God te vertrou is ’n keuse wat ons maak, asook ’n voorreg. Maar daar is nog iets wat ons by vertroue moet voeg om ten volle baat te vind daarby. Dit is om te “doen wat goed is”.

Die Bybelse beginsel van Psalm 37:3 het my geweldig baie gehelp in my lewe en ek glo dit is vir jou ook van die uiterste belang. Om God te vertrou beteken ons werp ons sorge op Hom en weier om ons te bekommer of angstig te wees oor enigiets. Dit beteken egter nie ons gooi ons verantwoordelikhede weg nie. Daar is dikwels Godgeïnspireerde dade wat ons moet doen om te kry wat ons wil hê. Party mense het die wanbegrip dat om op God te vertrou of op God te wag beteken om passief te wees terwyl hulle wag vir Hom om alles te doen. Dit is bloot nie waar nie. Iemand wat byvoorbeeld vertrou dat God hulle sal help om werk te kry, maar nie self ywerig werk soek nie, sal waarskynlik nie goeie resultate kry nie.

Paulus het dit goed gestel in sy brief aan die Efesiërs. Hy het gesê hulle moet alles doen wat die krisis vereis sodat hulle vas kan staan (sien Efesiërs 6:13). Ons sien die beginsel van “vertrou op God en doen wat goed is” in hierdie vers. Doen wat jy moet doen, doen wat jy kan doen en vertrou God om te doen wat jy nie kan of moet doen nie.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Onwrikbare Vertroue Deur Joyce Meyer

Om God te vertrou is een van die wonderlikste maniere om eer aan Hom te betoon. Vertroue is nie ’n verpligting wat ons aan God verskuldig is nie; dit is ’n voorreg wat Hy tot ons beskikking stel. Elke dag van hierdie 5-dag-leesplan bevat gedagtes oor vertroue in God en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Joyce Meyer se “Onwrikbare vertroue”.

More

Ons wil graag Struik Christian Media en Joyce Meyer bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/onwrikbare-vertroue-sondband en http://www.struikchristianmedia.co.za