Wanneer Vreugde My Ontwyk Deur Nina SmitVoorbeeld
Terug na die liefde!
Baie Christene deur die eeue heen, wat bekend is en was vir hul geloof, het by tye met depressie en angs gesukkel. Moeder Teresa was iemand wat liefde uitgeleef het; en tog wys haar geskrifte dat sy ook by tye aan haar geloof getwyfel het en selfs depressief was.
Moeder Teresa het egter ten spyte van haar donker gedagtes, God se liefde uitgeleef. Sy het ’n geweldige verskil aan die lewens van duisende mense gemaak omdat sy die geheim geken het dat die liefde ’n sirkel sonder ’n einde behoort te wees.
Sy het die vrug van haar geloof in liefdesdiens toegepas en haar lewe gewy aan siekes en armes wat niks gehad het nie. Tot haar dood was sy en haar helpers elke dag besig om die liefde van God onder die armste van die armes uit te leef.
Omdat een vrou wat geensins volmaak was nie, bereid was om Jesus se liefde uit te leef, kon duisende ander mense in die proses bereik en gehelp word.
Al voel jy self by tye depressief en al twyfel jy selfs soms aan jou geloof, kan jy steeds ’n geweldige verskil aan die lewens van ander maak as jy bereid is om ander mense met die liefde van Jesus te help en aan te raak.
Gebed
Hemelse Vader, soos soveel kere van tevore oorweldig die krag van u liefde my. Dankie dat U my so liefhet dat U nie eens die lewe van u Seun ontsien het nie. Help my om hierdie liefde ten spyte van my eie klein geloof in diens aan ander oor te dra, sodat ek ’n daadwerklike verskil aan die lewens van baie ander mense sal maak. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 5-dag-leesplan oor vreugde sal lesers verseker dat God hulle baie liefhet. Elke dag bevat gedagtes rondom ’n spesifieke tema (soos vreugde, angs en vertroue in God), en eindig met ’n gebed en ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Nina Smit se “Wanneer vreugde my ontwyk”.
More
Ons wil graag Struik Christian Media bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.struikchristianmedia.co.za/