Getroue LiefdeVoorbeeld
Lees: Hosea 1:8 -12, Esegiël 37:20-28
SOAP: Hosea 1:10
BAIE BELANGRIK: In die Afrikaanse en Engelse Bybels stem die versnommers hier nie ooreen nie. Lees Hosea 1:8-12 in die Afrikaanse Bybel.
Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie — sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God. Hosea 1:10
In Genesis 22:17 herinner God vir Abraham aan sy belofte om hom te seën en sy nageslag te vermenigvuldig "soveel soos die sterre aan die hemel en soos die sand van die see". God is nie soos ons nie. Wanneer Hy 'n belofte maak, kan ons seker wees dat Hy dit sal hou en vervul.
Hosea se derde kind se naam was “Lo-ammi” wat "nie my volk nie" beteken. Dit is wat God van Israel gedink het: hulle is nie meer sy volk nie as gevolg van hulle sondes. Maar die sonde van die volk maak nie God se belofte tot niet nie. "Nie my volk nie" sal "my volk" word en "nie geliefd" sal "my geliefde" word.
Hierdie nuwe name weerspieël die volk se nuwe verhouding met God, want almal sal "die seuns van die lewende God” wees. Juda en Israel sal verenig as een volk en sal hulle aan God as heerser onderwerp en die eeue-oue verdeeldheid sal herstel word.
Die Jode is vandag verstrooid regoor die heidense wêreld (Sagaria 10:9), maar eendag sal God hulle terugbring in hulle eie land en hulle heerlikheid herstel. Soos God aan Abraham belowe het, sal Israel soos die sand van die see word (Genesis 22:17) wanneer hulle hul Messias herken met sy wederkoms, Hom vertrou en sy reiniging ervaar (Sagaria 12:10-13:1).
My hart is vertroos met die gedagte dat God nooit sy beloftes aan my sal verbreek nie. Maak nie saak hoe diep ek in my sonde verval is nie, hoe ver ek van Hom afgedwaal het nie, Hy is my Vader en niks sal ooit daardie feit verander nie.
Abba Vader, reinig asseblief my hart. Wys my op my sonde en help my om te lewe volgens u Woord en u wil. Dankie dat U my liefhet ten spyte van my baie foute. Vergewe my asseblief. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle gekeer het. In plaas daarvan het Hy sy getroue liefde gestuur. Hosea herinner ons dat God sy verbond hou. Sy getroue liefde streef na sy mense en sy beloftes bly standvastig.
More
Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com