Die Belangrikste Besluit Van Jou Lewe!Voorbeeld

Die Belangrikste Besluit Van Jou Lewe!

DAG 2 VAN 6

     "God het jou Geskep  met die Ewigheid op Sy Gedagte"
 

    Toe God ons geskape het, het Hy meer as 'n 70- of 80-jaar plan vir ons  bestaan gehad. Hy het 'n spesifieke doel vir ons elkeen se lewe. Sy doel sluit ons aardse sowel as ons hemelse (ewige) lewe in. Jakobus 4:14 beskryf die verskil tussen hierdie twee aspekte van ons bestaan so:
 

    "Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar 'n damp wat 'n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn." Jakobus  4:14
 

    Jy het seker al dié spreekwoord gehoor: "Die lewe is kort." In vergelyking met die ewigheid, is dit! Die Bybel sê in Hebreërs 9:27:
 

    " 'n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel."
 

    Almal is onderworpe aan 'n fisiese dood. Fisiese dood is egter net die beëindiging van ons fisiese liggaam, en nie ons siel nie. Ons siel, of ons bewuste bestaan in ons liggaam, is ewig. Ons siel sal die ewigheid op een van twee plekke deurbring na ons fisiese dood: Die hemel of die hel.
 

    Die hemel is die ewige paradys waar God woon.
   Die hel is totale verwydering van God.
 

    Ons natuurlike geboorte op aarde was nie net die begin van ons tydelike, fisiese lewe op die aarde nie, maar ook ons geestelike lewe hier en verder, vir ewig. Met die ewigheid in gedagte, kan ons aardse lewe onbelangrik lyk, maar dit is nie waar nie. Jou ewige bestemming word egter bepaal deur die besluite wat jy tydens jou tyd op aarde maak; en die belangrikste een is die besluit om Jesus Christus Here van jou lewe te maak. Redding is vir almal beskikbaar, deur Jesus Christus, en net deur Hom kan ons ons bestemming verander van 'n ewigheid sonder God tot 'n ewigheid met God in die hemel. Jesus het in Johannes 14:6 gesê:
 

    "Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie."
 

    Die besluite wat ons hier op aarde maak is ook vir ander redes belangrik. Die manier waarop ons as gelowiges lewe, kan 'n invloed hê op die ewige bestemming van ander wat nog nie Jesus Christus as hulle Redder ken nie. Die mense rondom ons hou ons elke dag dop om te sien watter voorbeeld ons vir Christus uitleef. God gebruik elkeen van ons as Christene om die mense rondom ons, wat Hom nog nie ken nie, van die hemel te vertel. In Matteus 5:14-16 het Jesus gesê:
 

    "Julle is die lig vir die wêreld. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik."
    

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Die Belangrikste Besluit Van Jou Lewe!

Meeste besluite in die lewe maak saak. Daar is egter net een wat die meeste saak maak. Begin hier as jy op soek is na 'n eenvoudige gids om hierdie merkwaardige besluit - God se gratis geskenk van redding - beter te verstaan. Oorgeneem uit die boek: “Out of this World; A Christian’s Guide to Growth and Purpose” deur David J. Swandt.

More

Ons wil graag Twenty20 Faith, Inc. bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdevtmp/#googtrans(af)