Wat Van Uitgaan?Voorbeeld

What About Dating?

DAG 5 VAN 7

Oefen Saam

Jy raak nie goed in iets sonder om moeite daarmee te doen nie. Mense wat 'n doel wil bereik, moet gewoonlik oefen. Hulle jaag met toewyding hulle passie na. Doelgerigtheid en deursettingsvermoë lei tot die verlangde uitkoms. 

Daar is ook voordele vir geestelike oefening. Wanneer jy en jou maat God saam nastreef deur gebed, sy woord saam te lees, te dien, en mekaar lief te hê, bou julle geestelike spiere. Julle maak ewige skatte in die hemel bymekaar. Julle maak geleenthede oop vir julle verhouding met God en met mekaar om dieper en sterker te groei. 

Bid

Vader, help ons om U heelhartig na te streef en om die voordele in te oes, vandag en tot in ewigheid.

Soos enige verhouding, verg jou verhouding met God dissipline en ywer.

Lees

1 Timoteus 4:7-8

Nadenke

Op watter maniere kan 'n gesonde verhouding met God jou verhouding met jou maat beïnvloed? 

Reageer

Besluit saam hoe jy en jou maat geestelike oefening in julle verhouding kan insluit. Een manier kan wees om elke dag tien minute af te staan om 'n kort Skrifgedeelte te lees, God te dank vir een seën en om vir een behoefte te bid.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

What About Dating?

Of jy nou met iemand uitgaan, enkellopend, of al vir tien jaar getroud is, dit kan ons almal goed doen om 'n bietjie Bybelse wysheid vir ons romantiese verhoudinge te kry. Laat God direk met jou vrae oor uitgaan en verhoudinge praat. Jy mag jou dalk verbaas oor hoeveel Hy te sê het.

More

Ons wil graag vir American Bible Society bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bibleresources.americanbible.org