Lewe met Krag en Moed!Voorbeeld

Lewe met Krag en Moed!

DAG 3 VAN 8

“Die Hemelse Ambassadeur – Die Heilige Gees”

‘n Ambassadeur is ‘n amptelike verteenwoordiger wat van een regering na ‘n ander regering gestuur word om tussen daardie mense te leef, om sodoende vrede en welwillendheid te vestig. Hy vervul sy take met die gesag, vriendelikheid en hulpbronne van die regering wat hy verteenwoordig. Hy word uitermate vertrou om sy doel met waardigheid te bereik en te voltooi.

In baie opsigte stem die Heilige Gees se opdrag ooreen met die opdrag van ‘n ambassadeur wat vanaf die Hemel gestuur word. Die Heilige Gees beliggaam al die gesag, mag en hulpbronne van God, en Hy maak God se liefde aan elke person op aarde bekend deur sy teenwoordigheid en werk.

Soos wat Jesus se tyd saam met sy dissipels uitgeloop het, het Hy vir hulle vertel dat hulle nie alleen agter gelaat gaan word as Hy nie meer daar is nie. Hy het hulle vertel van Een wat in Sy plek gestuur gaan word om by hulle te wees, om hulle te lei, te leer, te vertroos en te begelei – die Heilige Gees. Jesus het gesê:

“Tog sê Ek vir julle die waarheid: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur.” Johannes 16:7

Nadat Jesus se werk op aarde voltooi was, het Hy die Heilige Gees gestuur om in Sy plek by ons te wees totdat Hy weer terugkeer. Die Heilige Gees verskaf leiding, leierskap, troos en raad vir ons lewens. Jesus het die Heilige Gees soos volg aan sy dissipels verduidelik:

“En wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” Johannes 14:26

God se teenwoordigheid is elke dag by ons in die vorm van die Heilige Gees, en Hy is aktief in ons wêreld en ons lewens aan die werk.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Lewe met Krag en Moed!

Jy is nooit alleen nie. Of jy 1 dag of 30 jaar op die pad van jou Christelike geloof is, hierdie waarheid staan vas, maak nie saak watter uitdagings die lewe na jou kant toe gooi nie. Leer hoe om dinge op God se manier te doen op jou pad van geloof.

More

Ons wil graag Twenty20Faith, Inc bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org