Beloftes vir u Alledaagse LeweVoorbeeld
Raak ontslae van vrees
“Volmaakte liefde het nie plek vir vrees nie; volmaakte liefde dryf die vrees uit omdat vrees nog met straf behep is, en wie aanhou vrees, het nog nie dié volmaakte liefde bemeester nie...” 1 Johannes 4:18 NLV
Ek wil vandag met jou praat oor ‘n vyf-letter woord: VREES!
Baie van ons kan onthou toe ons kinders was, as ons ‘n slegte woord gesê het, ma gedreig het om ons monde met seep uit te was. Wel, as “vrees” ‘n lelike, vyf-letter woord is, dan is geloof in God se liefde, die seep!
Ek praat nie van ligte geloof nie. Ek praat van ‘n kragdadige geloof in God se onvoorwaardelike, onbeperkte, onwrikbare en perfekte liefde vir ons.
1 Johannes 4:18 leer ons dat God se liefde ons van al ons vrese sal vrymaak. Dit beteken nie dat ons nooit vrees gaan ervaar nie, maar geloof in God en Sy liefde, sal ons in staat stel om te doen wat ons moet doen, selfs al is ons bang.
God wil hê jy moet weet Hy is met jou. Hy sal jou lei, so jy kan jou vertroue en geloof in Hom plaas!
Onthou, Sy liefde is perfek, selfs al is ons s’n nie. Hy is nie liewer vir ons of minder lief vir ons as gevolg van ons foute nie. Is dit nie goed om te weet dat God ons liefhet net soos ons is nie? Gee dit nie jou geloof so ekstra hupstoot en verminder jou vrees nie?
Ek en jy gaan nou en dan vrees ervaar. Wanneer ons doen, moet ons die fokus dadelik terugplaas op God en weet dat Hy ons sal lei deur enige situasie waarin ons onsself bevind.
Dit is die perfekte liefde van God, wat die vrees keer op keer sal verdryf.
Gebed:
God, net U liefde kan my vrees verdryf, so ek plaas my geloof in U. Ek weet dat U teenwoordigheid met my is en dat U my sal lei deur enige vreesagtige situasie waarin ek myself bevind. Ek ontvang nou U liefde.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Begin u dag met 'n praktiese Bybelonderrig van Joyce Meyer. Hierdie daaglikse toewyding sal jou hoop gee, help om jou gedagtes te verfris en te ontdek dat jy elke dag met doel en passie kan leef!
More
Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/