Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek JohannesVoorbeeld

Jesus Is Life

DAG 24 VAN 25

Die Oes is Ryp

Terwyl Jesus met die Samaritaanse vrou gepraat het, was dit duidelik dat iets betekenisvol in haar gebeur het. Sy wou haar ontmoeting met Jesus met enigiemand deel wat wou luister. 

Na hierdie herskeppende oomblikke tussen Jesus en die vrou by die put, het Jesus met sy dissipels gepraat en die beeldspraak van oestyd gebruik. Jesus het ons almal daaraan herinner om om ons te kyk en te sien dat ons nie hoef te wag voor ons sy werk begin doen nie — Hy sê in vers 35: "Kyk daar, kyk na die lande; hulle is ryp vir die oes".

 Ons leef in 'n verloregaande wêreld — 'n wêreld waar mense dieselfde hoop moet vind as wat ons in Christus gevind het. Ons Verlosser wil hê dat ons die vreugde moet ken om 'n planter en versorger te wees en siele vir sy koninkryk te wen! Net soos die Samaritaanse vrou, het ons almal 'n persoonlike verhaal om te vertel hoe ons Jesus ontmoet het. 

Daar is ontelbare geleenthede om te deel wat Christus in ons en vir ons gedoen het deur die verlossing wat Hy bring. Soms kan ons so betrokke raak by ons persoonlike lewens, dat ons nie die mense om ons raaksien nie. Ons stap koponderstebo en fokus op ons eie probleme of take. Ons moet opkyk en rondkyk. Daar is 'n massiewe land om ons wat geoes moet word! 

In Matteus 9:37 het Jesus gesê: "Die oes is groot, maar die arbeiders min." Ons is geroep om een van daardie min arbeiders te wees. Hy het vir jou, jou eie verhaal, sy liefde, sy hart, sy wysheid en sy krag gegee – elke hulpbron en gawe wat jy nodig het – om sy wil te doen deur die verlorenes na Hom toe te bring!

Die Samaritaanse vrou is ons inspirasie! Sy is 'n fantastiese voorbeeld hoe om met ander te deel wat Christus in ons lewens gedoen het. Dit was nie vir haar nodig om 'n prediker te wees om Christus met haar gemeenskap te deel nie; en haar verlede het nie meer saak gemaak nie. Dit was haar verhaal om Jesus te ontmoet en in Hom te glo, wat haar bekwaam gemaak het om ander na Hom toe te lei. In Johannes 4:39-42 het ons gesien dat baie dorpenaars in Jesus geglo het omdat die vrou hulle na Hom geneem het om self te sien en te luister. 

Met wie in jou lewe moet jy oor Jesus praat? Jy kan hulle saamnooi kerk toe. Nooi iemand vir 'n koppie koffie en deel met die persoon wat Jesus vir jou gedoen het. 

Het jy al geprobeer om so iets te doen en misluk? Hou aan om mense te nooi en vir hulle te bid! Wat jy ook al doen, maak seker dat jy altyd stadiger ry, rondkyk en kan sien wie dalk dors is. Vreugde wag! 

Nadenke: 

Waarna het Jesus verwys toe Hy gesê het die lande is ryp vir die oes?
Hoekom dink jy gebruik Jesus hier 'n oes as voorbeeld? 

Met wie in jou lewe moet jy oor Jesus praat? Wat gaan jy daaromtrent doen? 

Gebed: 

Hemelse Vader, ek bid dat U my die moed sal gee om die goeie nuus met diegene om my te deel. Wys my asseblief teenoor wie U wil hê ek moet getuig of na die kerk nooi. Dankie vir die vryheid van verlossing wat U my gegee het. Help my om u werk te doen en op die uitkyk te wees vir hulle wat van U moet hoor.

*Hou aan om voluit te eindig met jou Jesus Is … joernaal!  

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Is Life

Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan van Amy Groeschel, sal ons die eerste vier hoofstukke in die boek Johannes verken om te ontdek dat Jesus lewe is — en daardie waarheid verander alles.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/