Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek JohannesVoorbeeld
Ons Genadige God
Hier is een manier om die goeie nuus te deel: Christus Jesus het 'n menslike gestalte aangeneem om onder ons te woon, God se heerlikheid te openbaar en ons te verlos — en hierdie Jesus het met twee onmiskenbare eienskappe gekom: genade en waarheid.
Jesus is genade en Jesus is waarheid. Sy genade en waarheid is onafskeidbaar. Jesus is nooit genade wat waarheid uitsluit nie. Jesus is ook nooit waarheid sonder genade nie. Genade en waarheid is nie slegs twee eienskappe van Jesus nie, maar hulle is sy ware identiteit.
Kom ons bekyk sy genade van naderby.
Genade is charis in die Griekse Nuwe Testament. Charis is een van die mooiste en waardevolste geskenke van God af. Charis is wanneer God vrylik na iemand beweeg wat nie verdien om met sy guns en vriendelikheid geseën te word nie. Johannes 1:16 verduidelik dat ons uit die oorvloed van Christus genade op genade ontvang, wat Hy reeds gegee het.
Wat dink jy beteken dit om “genade op genade te ontvang”?
Die Ou Testamentiese Skrifgedeeltes gebruik die woord “hesed” vir die woord “genade.” Hesed beteken “goedertierenheid, barmhartigheid of verbondsliefde.” Hesed is verbondliefde en 'n verbondswoord. Dit beteken dat hierdie genade (hesed) toegepas en geniet word deur almal wat die gawe van God se verlossing deur die offer van Jesus se bloed aan die kruis ontvang. Terloops, is daar enige manier buite die genade van God om van ons sondes gered te word? (sien Galasiërs 2:21.)
Om te “ontvang,” of lambano in Grieks, is ook hier 'n kernvoorwaarde. Dit beteken om iets aggressief vas te vat, of jouself te laat geld. Dus, wat as die mate waarin ons leef in die volheid van God se “genade op genade wat reeds gegee is”, beïnvloed word deur ons gewilligheid om dit werklik te ontvang?
Jesus se voorsiening van kragtige genade aan ons is onbeperk! As ons dit maar in sy groter oorvloed sal ontvang. Om in die krag van sy genade en waarheid te lewe, is om in vryheid en liefde te lewe!
Nadenke:
Hoe ywerig hou jy elke dag aan God se genade vir jou vas? Wat doen jy wanneer jy regtig verbrou het?
Hoe vinnig bied jy genade aan iemand anders?
Gebed:
Genadige Jesus! Hoe kan ek U genoeg bedank vir u wonderlike genade? Sonder u genade is ek totaal verlore en sonder hoop. Help my om u genade op genade wat reeds vandag oor my lewe gegee is, volkome en ywerig te ontvang. Ek sal in genade teenoor myself en ander wandel.
*Moenie vergeet om aantekeninge in jou Jesus Is … joernaal te maak nie.
Aangaande hierdie leesplan
Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan van Amy Groeschel, sal ons die eerste vier hoofstukke in die boek Johannes verken om te ontdek dat Jesus lewe is — en daardie waarheid verander alles.
More