Anders As EkVoorbeeld

Die verskille tussen ons is soms baie groot. Gelowiges verskil van taal, kultuur, ras, voorkeure, politieke oortuigings, hoe ons groot geword het, hoe ons God graag wil aanbid ... ons kan ‘n lang lys maak van ons verskille. Soms raak hierdie verskille vir ons net te veel. Dis baie belangrik om dan te sien waarheen God ons fokus rig.
Met ‘n oog op ons verskille gaan ons soms oorweldig voel. Maar God sê hierdie verskille is glad nie so belangrik soos wat ons dink nie. Ons fokus moet nie wees op wat “anders” is nie — ons fokus moet wees op Jesus. Jesus Christus, die Een wat in ons almal is. Die Een wat alles is! Wanneer ons lewens op Hom gefokus is, sien ons Hom, eerder as oppervlakkige verskille, raak. Wanneer hierdie verskille van ander vir jou te groot word, is dit heel moontlik tyd om te vra hoe jou fokus op Jesus lyk? Is Hy die middelpunt van jou lewe of het jy jou fokus ietwat verskuif?
- Wanneer jy vandag paaie kruis met die “ander” mense, vra God om jou fokus te wees.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

God maak ons deel van 'n groot, diverse familie. Hoe lewe ons as gelowiges in só ‘n familie en hoe kan ons meer van God in mekaar leer sien? Hierdie 5-dag leesplan help jou om meer van God in ons diversiteit te sien vanuit die Bybel.
More
Ons wil graag Pellissier Gemeente bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.ngkerkpellissier.co.za/ |
Verwante Leesplanne

Skeppingsdoel van die Mens

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete

As ek weer kon sê

GAAN JY HOM MIS?

Kaalvoet Sielsgedagtes

Aanklag

Mislukking Is Nie Die Einde Nie

Die Wetboeke (Die Groot Storie Leesplannne no. 2)

DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop
