Sewe Maniere om Jou Denke te VernuweVoorbeeld

7 Ways to Renew Your Mind

DAG 2 VAN 7

Stap Twee 

Hou op om te glo dat jy nie jou gedagtes kan beheer nie.

Die tweede leuen waarvan ons ons moet bekeer is: "Ek kan nie my gedagtes beheer nie, my gedagtes beheer my." Dit is 'n swak verskoning en hierdie verskoning is nie Skriftuurlik nie. Die Skrif gee ons opdrag oor die Bybel: "... daarop moet julle julle gedagtes rig" (Filippense 4:8), voorts sê Josua 1:8 ons moet die Bybel "dag en nag" oordink. Psalm 1:2 beaam dit, met diegene "... wat in die woord van die Here sy vreugde vind, [is hulle wat] dit dag en nag oordink." 

Dit is baie duidelik dat God van jou verwag om te kies waaraan jy dink en nie toelaat dat jou gedagtes altyd deur iets anders gekies word nie. Hoe doen ons dit in die praktyk? Dit is waar dat ons in ons denke aangeval word, want ons denke is 'n oorlogsveld, nie 'n speelveld nie. Namate Christene begin om hul gees met die Heilige Gees te verbind, raak hulle gees sterker. Jou denke is 'n dienskneg: of vir jou gees, of vir jou vlees. 

Wanneer die gees swak is, werk ons denke vir die vlees deur negatiewe denke. Wanneer ons egter voortdurend ons gees opbou deur gesprekke met die Heilige Gees, kom ons denke onder die invloed van die Woord van God en die Heilige Gees wat in ons woon. Ons het 'n keuse om oor die dinge van God na te dink, of om ons denke saam met die vloei van die lewe te laat gaan. 

Elke land het grenspatrollies wat mense keer om nie die land onwettig binne te kom nie. Dit is vir die beskerming en veiligheid van die land. Jy moet grenspatrollies in jou denke plaas om die terroris-gedagtes van twyfel, vrees en negatiwiteit te verhoed om jou denke binne te dring en blyplek in jou denke te maak. Hulle rig slegs skade in jou lewe aan.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

7 Ways to Renew Your Mind

In Romeine 12:2 sê die apostel Paulus dat ons verander word deur die vernuwing van ons denke. Baie van ons dink dat sodra ons lewens verander, ons denke vernuwe sal word. Dis egter andersom. Toe ons gebore is, het die meeste van ons kop eerste die wêreld binnegekom. Wanneer jou denke vernuwing ondergaan, sal jou lewe verander. Onthou, waarheen jou denke jou lei, volg jou lewe.

More

Ons wil graag vir Hungry Generation bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorvlad.org/