Romeine: Ervaar die Krag van Lewensveranderende GeloofVoorbeeld

Romeine: Ervaar die Krag van Lewensveranderende Geloof

DAG 2 VAN 7

Ons gaan nou voort om die beginsels in Romeine 8:1-13 te bestudeer

Die belangrikste in hierdie gedeelte gaan oor die Heilige Gees en die vlees — die sondige natuur. 

Maak vandag ‘n lys van alles wat jy leer oor die vlees, (sondige natuur). Jy moenie die kontras tussen die twee miskyk nie.

  • Hoe pas Romeine 8 by Romeine 7 aan? 
  • Watter vraag het Paulus in Romeine 7:24 gestel? 
  • Watter vers in Romeine 8 beantwoord daardie vraag? 

Lees Romeine 6:5-6

  • Wat het God gedoen wat die wet nie kon doen nie? 
  • Wat behoort ons nou te doen? 
  • Hoe moet ons wandel? 
  • Hoe behoort ons te dink? 
  • Waarop moet ons ons gedagtes rig? 

Noteer dit wat jy vandag geleer het. 

Toepassing: 

Wat het jy vandag geleer wat jy voor die Here kan bring? 

Dink na oor jou lewe. Leef jy volgens die vlees of die Gees?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Romeine: Ervaar die Krag van Lewensveranderende Geloof

Die slegte nuus: Jy sal nie vanself daartoe in staat wees om te kwalifiseer om deel van God se familie te wees nie. Die goeie nuus: God is lief vir jou en het 'n weg berei om jou sonde te vergewe, jou deel van God se familie te maak en van binne na buite te transformeer! Terwyl jy Romeine bestudeer ontdek jy die mees volledige aanbieding van die evangelie!

More

Ons bedank Precept Ministries SA vir die voorsiening van hierdie plan. Besoek gerus vir meer inligting: https://precept.org.za/