Veg TerugVoorbeeld

Fight Back

DAG 6 VAN 10

Kom ons kyk van naderby na die skuif wat ons moet maak. Hierdie skuif van bevryding na heerskappy was nie maklik vir die kinders van Israel nie omdat Moses, die een wat hulle na bevryding gelei het, oorlede is. Die manna wat hulle in die woestyn gevoed het, het ook opgehou. 

Ons kan op 'n "Moses" of 'n leraar staatmaak om ons na vrymaking te lei, maar om heerskappy te kan voer, moet ons staatmaak op die Heilige Gees. Jy kan nie toelaat dat die afwesigheid van Moses jou geloof laat wankel nie. God verwyder jou "Moses" omdat Hy besig is om jou in 'n kryger te ontwikkel. In werklikheid kan jy nie in oorwinning wandel as jy altyd staatmaak op jou leraar of 'n leier wat jou na bevryding gelei het nie. Jou vrymaking het slegs plaasgevind omdat iemand anders die salwing daarvoor gedra het. Nou kan jy nie suksesvol in heerskappy na jou "beloofde land" wandel deur van iemand anders se verhouding met God te leen nie. Jy moet die verbondsark op jou eie skouers dra. Ontwikkel jou eie tye van gebed en vas. Gaan in jou geheime plek en ontdek intimiteit met die Heilige Gees. 

Niemand kan in die beloofde land op die rug van Moses se salwing ry nie. Jy kan wel uit Egipte so kom, maar om in jou eie "beloofde land" of lewensdoel te lewe sal nie so werk nie. As jy op manne van God staatmaak om jou die vermoë te gee om uit Egipte te kom, sal dit nie in jou volgende lewenstydperk werk nie.  'n Gesonde mentaliteit van heerskappy word vereis om nie op 'n man nie, maar op die Heilige Gees staat te maak. 

Toe Jesus op aarde was, het God se salwing op Hom gerus. Toe het Hy belowe dat sy liggaam, die kerk, die beloofde land sou binnegaan, wanneer die Heilige Gees op al 120 dissipels in die bokamer neerdaal — nie net op die apostels of profete nie, maar op elke dissipel van Jesus. Sonder 'n persoonlike verhouding met die Heilige Gees is daar nie heerskappy nie. Die Heilige Gees is die verbondsark en dit is tyd om Hom met jou saam te dra, oral waarheen jy gaan.  Jy moet besef dat die Heilige Gees 'n verhouding met jou wil hê, daarom moet jy met Hom praat, saam met Hom wandel en sy stem gehoorsaam.  As die lewe in slawerny die resultaat daarvan was om vol demone te wees, dan is die lewe in heerskappy die resultaat daarvan om met die Heilige Gees vervul te wees.

Om terug te veg is anders as om vryheid te ontvang. In vryheid, is die ander persoon wat jou gehelp het om vry te kom, die Moses wat God gebruik het. Deur egter te veg, moet jy jou eie persoonlike verhouding met die Heilige Gees ontwikkel.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Fight Back

Ons het nog baie stryde om te stry, maar ons veg nie om die oorwinning te behaal nie; ons veg vanuit die oorwinning wat alreeds aan die kruis behaal is. Daar is sekere vyande waarvan God jou vrymaak, maar dan is daar weer ander vyande waaroor God jou bemagtig om self oor te heers. Verlossing is wat God binne-in jou doen; heerskappy is wat Hy deur jou doen.

More

Ons wil graag dankie sê vir Vladimir Savchuk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.vladimirsavchuk.com