12 Groot Foute Wat Ouers Kan VermyVoorbeeld

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

DAG 1 VAN 12

Ons Laat Nie Ons Kinders Toe Om Te Misluk Nie

Skrywer en spreker, Dr. Tim Elmore, is die leier van 'n nie-winsgewende organisasie genaamd Growing Leaders. Hierdie organisasie beïnvloed elke jaar omtrent 50 000 studente, fakulteite en ouers. Tim het ook twee kinders, Jonathan en Bethany. Jy sal meer oor hulle in hierdie leesplan lees. Tim neem kinders ernstig op, soos jy seker afgelei het!

By Life.Church, neem ons ook kinders ernstig op. Ons senior pastoor, Craig Groeschel, is 'n pa van ses. Hy sê gereeld dat ons kinders nie die kerk van die toekoms is, of die toekoms van die kerk is nie, maar dat hulle die kerk van vandag is. Ons tyd, werknemers en hulpbronne word spesifiek vir ons kinders aangewend vir naweek-avonture, video-onderrig, musiek, Bible App for Kids, YouVersion-leesplanne, en nog meer. Tog weet ons dat ons op ons eie nie ons kinders kan lei om ten volle toegewyde volgelinge van Christus te word nie.

Ons het eendag iets besef. Dieselfde kinders wat omtrent 40 ure 'n jaar in ons geboue deurbring, bring omtrent 3 000 ure 'n jaar by julle as ouers deur; nie aan die slaap nie, nie by die skool nie. Ons is 'n goeie kerk, maar ons is nie goeie ouers nie. As tyd die enigste faktor was (en dit is nie), het ouers 'n 7 400% voordeel bo ons gehad. Toe ons dit besef, het ons geweet ons moet Dr. Tim Elmore vra om met ons ouers te kom praat. Deur intensiewe navorsing, onderhoude en insig in sy eie ouerskap, het Tim 12 groot foute ontdek wat ons as ouers almal kan vermy. Tim gaan oor die volgende 12 dae elke fout aan ons verduidelik, asook die regstelling daarvan. Fout nommer een: ons laat nie ons kinders toe om te misluk nie.

 

 

Geniet jy hierdie leesplan? Dit is in boekvorm ook beskikbaar.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

12 Huge Mistakes Parents Can Avoid

Dr. Tim Elmore en Life.Church deel saam 12 groot foute wat ouers kan vermy. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church