Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Voorbeeld

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

DAG 19 VAN 43

Lees: Hebreërs 7:1–10

SOAP: Hebreërs 7:3

Niks is bekend omtrent sy vader en moeder of sy afstamming of die begin en einde van sy lewe nie. Hy is soos die Seun van God en hy bly priester vir altyd.

Oordenking

Die eerste keer waar daar melding gemaak word van priesters in die Skrif, is in Genesis 14 met die verhaal van Melgisedek, koning van Salem. Melgisedek was ‘n priester van God die Allerhoogste. Hy was koning van Salem, die stad wat later (en vandag) as Jerusalem bekend staan.

Melgisedek se priesterskap was anders as die Levitiese priesterskap wat deur Aäron ingestel is. Melgisedek se afstamming is nie in die Skrif opgeteken nie, maar wat wel verduidelik word, is die wyse waarop hy priester was, ‘n voorspraak vir die mense voor God.

In sy beskrywing van die priesterskap van Melgisedek, verduidelik die skrywer van Hebreërs die verskille tussen die soort hoëpriester wat ons in Christus het en die soort hoëpriester wat onder die Levitiese orde bestaan het. Jesus is die hoëpriester wat deur God aangestel is, nie deur sy afstamming nie. Hy verskil van die Levitiese priesterskap deurdat Hy ter wille van ons voor God kan gaan en ons van ons sonde kan reinig omdat Hy geen sonde het nie.

Jesus se priesterskap is anders. Hy is ons ewige voorspraak omdat Hy ewig is. Hy vergewe ons sondes omdat Hy geen sonde gehad het nie. Hy is ons hoëpriester wat altyd namens ons na God toe gaan. 

Gebed

Jesus, U alleen is waardig om die amp van Hoëpriester te beklee. U is anders as al die priesters voor U omdat net U sondes kan vergewe. Dankie dat U my voorspraak is en vir ewig namens my voor die Vader verskyn. Amen 

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/