Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Voorbeeld

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

DAG 31 VAN 43

Lees: Hebreërs 10:19-25

SOAP: Hebreërs 10: 23-25

"Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het. Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom."

Oordenking

Wanneer 'n boot behoorlik geanker is, sal dit nie deur die verandering in getye of 'n skielike rukwind beweeg word nie. Wanneer 'n boot nie behoorlik geanker is nie, sal dit wegdryf met die kleinste verandering in toestande. Dit is nie die boot wat vas aan die anker is wat voorkom dat die boot beweeg nie, maar die anker wat vas is aan die see se bodem.

In ons Christelike geloof, is Christus ons anker. Ons anker is stewig oor wie Hy is. Ons is nie afhanklik van ons eie greep op ons geloof, ons gevoelens, twyfel of selfs aksies nie. Christus alleen is, Hy wat ons getrou in ons geloof maak. Wanneer ons aan Hom vashou, sal ons nie vergaan nie.

Ons Christelike gemeenskap is 'n onvervangbare bate in ons geloof. Die outeur van Hebreërs moedig sy lesers aan om mekaar te bemoedig, bymekaar te kom en vir mekaar lief te wees. Wanneer ons aktief in 'n geloofsgemeenskap is, kan ons mekaar help om getrou in ons geloof te bly, mekaar te bemoedig en mekaar opbou, sodat ons nie sal vergaan nie.

Gebed

Here Jesus, dankie dat U my anker is. Ek is vol vertroue in my geloof, want my geloof rus in u hande en nie my eie nie. Help my om 'n aanmoediging vir my gemeenskap te wees. Maak my oë oop om maniere raak te sien hoe ek my broers en susters in Christus kan bemoedig, liefhê en opbou, sodat ons almal naby aan U kan bly. Amen. 

Dag 30Dag 32

Aangaande hierdie leesplan

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/