Die Laaste Lesse: 'n Leesplan vir die Heilige WeekVoorbeeld

The Final Lessons: A Holy Week Plan

DAG 10 VAN 10

'n Tweede Kans

Ons verhaal en feesviering eindig nie op Paasdag nie. Die probleem met feesdae is juis dat ons die volgende dag aanbeweeg met die normale lewe en onsself dan afvra: "Nou wat nou?" Vandag fokus ons op hoe om vorentoe te beweeg in ons geloofsoortuiging dat Jesus die vloek van sonde oorwin het en vir ons nuwe lewe in Hom bring.

Onthou jy vir Petrus? Vroeër hierdie week het ons gelees hoe hy Jesus verraai het deur drie keer te ontken dat hy vir Jesus ken. Vandag lees ons weer oor Petrus en Jesus.

Lees Johannes 21:15-19.

Jesus bevraagteken Petrus se liefde. Ek dink nie hierdie ondervraging was vir Jesus se onthalwe nie, maar vir Petrus s'n. Ek dink Jesus het vir Petrus 'n kans gegee — in der waarheid drie kanse — om sy liefde vir Christus te bevestig. Drie keer het Jesus terugvoer gegee oor hoe Petrus sy liefde vir Hom kon wys: "Laat my lammers wei, pas my skape op en laat my skape wei."

Die manier waarop ons ons liefde aan Jesus bewys en Hom vertel hoe lief ons Hom het, is nie met woorde nie. Enigiemand kan 'n hangertjie met 'n kruis dra, die Christen-opsie op 'n Facebook profiel merk, of kerk toe gaan op Sondae. Jesus sê egter om Hom lief te hê, moet ons sy skape (mense) versorg.

Hy het nie vir Petrus gevra om mense net lief te hê nie; Hy gee hom nóg 'n opdrag gegee:

Lees weer Johannes 21:19.

Hy sê dat Petrus Hom moet volg. Wat 'n pragtige beeld van Jesus as ons Verlosser. Dit het nie saak gemaak dat Petrus van Hom af weggekyk het toe Hy op die water geloop het nie. Dit het nie saak gemaak dat Petrus vir Christus nie net een maal nie, maar drie maal, ontken het nie. Jesus het weer vir Petrus uitgenooi om Hom te volg.

" 'n Dief kom net steel, slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape,"
sê Jesus in Johannes 10:10-11.

Jesus weet alles van jou af — al die maniere waarop die dief (Satan) in jou lewe gesteel, geslag en uitgeroei het — en Jesus is nogtans lief vir jou en begeer 'n lewe van oorvloed vir jou.

Jy is pragtig as gevolg van sy liefde — sy lewe, dood en opstanding! Gaan leef in oorvloed terwyl jy Jesus volg en sy skape liefhet!

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

The Final Lessons: A Holy Week Plan

Kom ons raak rustig in hierdie Heilige Week en leer oor Christus se laaste dae op aarde. Elke dag gaan ons lesse of geskenke kry waarmee Hy moeite gedoen het om vir ons te gee. Moet jy opnuut herinner word aan dit wat die belangrikste was vir Christus — dat jy sy mense moet liefhê en Hom volg? Wat sou Hy vir jou wou leer in hierdie Heilige Week?

More

Ons sê baie dankie vir Becky Kiser van Sacred Holidays wat die plan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.sacredholidays.com