Die Wapenrusting van GodVoorbeeld
Dit gaan Nie Oor Wen Nie, maar Om Staande te Bly
Dit is noodsaaklik om daarop te let dat geestelike wapenrusting nie gaan om 'n geveg te wen nie, maar gebruik word om vas te staan in die oorwinning.
Jou geestelike wapenrusting stel jou in staat om staande te bly in die oorwinning wat Christus reeds behaal het. Dit stel jou in staat om die aanvalle en die fel beskuldigings van die bose een, die duiwel, onwrikbaar te weerstaan.
Dit is waar dat die Bybel sê ons worstel teen owerhede, magte, heersers en geestelike leërskare, maar ons worstel vanuit 'n posisie van oorwinning.
Ons veg nie vir oorwinning nie; ons veg vanuit oorwinning. Die hoofdoel van die wapenrusting van God is nie om te veg nie, maar om ons in staat te stel om in die oorwinning van Christus staande te bly. Bly staande en moenie uit jou posisie van oorwinning beweeg nie.
Aangaande hierdie leesplan
Ons word opdrag gegee om die volle wapenrusting van God aan te trek wat geloof, verlossing, vryspraak, waarheid en vrede insluit. Daar word nie verwag dat ons dit moet bewerkstellig nie, maar dat ons dit moet aantrek. Hierdie wapenrusting is God se voorsiening aan elke gelowige. Elke Christen het die wapenrusting van God, maar nie elke Christen trek dit aan nie. Wapenrusting dien nie sy doel as dit nie gedra word nie.
More