ENFC Music - Vredevors DagstukkeVoorbeeld
Ontmoet Ons
"Heilige Gees,
U ontmoet ons hier.
U alleen is vervulling,
U is welkom hier."
Baie van die liedjies op die Vredevors EP, gaan oor die verhouding tussen ons en God. Wie is God, wat doen God, en hoe reageer ek as mens teenoor Hom. "Ontmoet Ons", gaan spesifiek oor die Heilige Gees, wie Hy vir ons is en hoe ons reageer op wie Hy is.
"Ons hou vas aan u beloftes.
Ons vind skuiling in u woord.
Waar U is bring u vryheid,
en verlossing van die dood.
Here stuur ons in u waarheid,
bekragtig deur u Gees.
Vrylating vir u kinders.
Mag u Naam geheilig wees. "
Die Heilige Gees is nie ‘n troosprys of ‘n assistent waarmee ons gesels terwyl ons wag vir Jesus, of God die Vader, om ons gebed te hoor nie.
Die Heilige Gees is God in sy volheid, teenwoordig in elke oomblik van tyd en plek. Hy bekragtig ons om in oorwinning, vryheid en vrede te leef.
Mag die Here vandag Homself aan jou openbaar, en mag ons reageer op wie Hy is en ons vervulling in Hom vind.
Aangaande hierdie leesplan
Vredevors is die eerste EP van ENFC Music, wat dien as die aanbiddingspan van Every Nation Faith City. Deur dié 5 dagstukke wil ons jou saamneem op 'n reis deur die EP, oor hoe God oor ons voel, dat ons waarlik vry en vergewe is en soveel meer! Maar bo alles, om onsself te herinner dat God ons Vredevors is!
More
Ons wil graag Every Nation Faith City bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.enfc.co.za