Verlos Van SkandeVoorbeeld

Verlos Van Skande

DAG 22 VAN 29

Oordenkingsvrae:

Week 3

1. Ons het almal gesondig en ons sondes het ons seergemaak en ook onskuldige mense in ons lewens seergemaak. Dit is die harde waarheid oor sonde — dit maak ook diegene wat onskuldig is, seer. Aangesien Psalm 103 deur Dawid geskryf is, hoe help sy woorde jou om te verstaan ​​dat, as hy dit kon skryf na hoe hy gesondig het, God ook jou sondes kan vergewe en die skande waarmee jy worstel, kan verbreek?

2. Hoe rus Romeine 3:23-24 jou toe om teen gevoelens van skande te veg? Wat is belangrik om uit hierdie verse te onthou?

3. Skande kan deur baie dinge in ons lewens veroorsaak word. Om skande te ervaar, beteken nie dat jy iets verkeerd gedoen het nie. Jesus het ook skande geken. Hoe het Jesus dit bestry? Hoe kan jy skande in jou lewe bestry?

4. Mense kan probeer om jou te beskaam of jou sleg te laat voel oor jouself of 'n omstandigheid waarin jy verkeer. In plaas daarvan om toe te gee daaraan, veg terug en soek vir 'n groter doel daarin. Wat is een manier waarop jy God daardeur kan verheerlik?

5. Die skande van die vrou wat aan bloedvloeiing gely het, was nie as gevolg van enigiets wat sy gedoen het nie. Dit was nie weens 'n sonde wat sy gepleeg het nie, maar 'n gevolg van lewe in 'n gevalle wêreld. Hoe gee Vrydag se verse jou hoop? Wat openbaar hierdie verse oor Jesus?

Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Verlos Van Skande

Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien hoe God skande in hierdie persone se lewens bestry. God kan die krag van skande in jou lewe verbreek. In hierdie studie sal ons jou wys hoe.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://LoveGodGreatly.com