Verlos Van SkandeVoorbeeld

Verlos Van Skande

DAG 28 VAN 29

God, die Een wat ons van Skande Verlos

Lees: 2 Korintiërs 4:7-18

SOAP

2 Korintiërs 4:15-18

Ons doen dit alles om julle ontwil, sodat die genade van God steeds meer mense kan bereik. Dan word die dankgebede ook meer, en God ontvang die eer. Om hierdie rede word ons nie moedelooos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

Oordenking

Baie dinge in die lewe kan veroorsaak dat ons skande ervaar. Skande kan ‘n wrede en onderdrukkende baas wees. Maar ons God is groter. Ons is vrygemaak en is nie meer slawe van sonde en skande nie. Hoewel ons steeds faal en val, bedek sy geregtigheid ons en werk voortdurend in ons om ons meer soos Hy te maak. 

Ons voel dalk neergedruk en verward, maar omdat die Here ons vashou, sal ons nooit verpletter of vernietig word nie. Dieselfde krag wat Jesus uit die graf laat opstaan het, woon ook in jou. Jy kan veg en oorwin. Jy kan die wedloop hardloop en nie moed opgee nie. Jy kan opstaan, berou hê en aanhou om verder te gaan. 

Die krag wat in jou woon is oneindig sterker as enige sonde waarvoor jy te staan kom of enige skande wat jou wil oorweldig en beheer. God het baie moeite gedoen om jou te red, deur sy enigste Seun te stuur om skande namens jou te verduur. Skande kan jou probeer beheer, maar jy behoort aan die Een wat ons van skande verlos. Hy is altyd aan die werk. 

Gebed

Here, skande kan sterk en verlammend wees in my lewe, maar U het al die kettings wat my vasbind gebreek. Laat my die vryheid wat ek in U het, raaksien. Bevry my hart, want ek smag na ‘n lewe van vrede, nie een wat deur skande beheer word nie. In die Naam van Jesus, amen.

Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Verlos Van Skande

Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien hoe God skande in hierdie persone se lewens bestry. God kan die krag van skande in jou lewe verbreek. In hierdie studie sal ons jou wys hoe.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://LoveGodGreatly.com