Vrees OorgeskryfVoorbeeld

Vrees Oorgeskryf

DAG 2 VAN 5

Wanneer die Bybel van ons harte praat, praat hy nie van ons anatomiese hart wat bloed deur ons liggaam klop en pomp nie. Dit verwys na die metafisiese sentrum van wie ons is. Die hart is die plek waar ons wese, bewustheid, hoop en begeertes gebore word. Dit is die plek van wat ons glo en bepaal hoe ons sal optree. Vanaf hierdie plek in ons, aanbid ons waarlik.

Jesus alleen is die bron van waarheid. Hy alleen kan gesaghebbend gee dit wat ons harte nodig het. Hy alleen kan ons wettig ʼn opdrag gee oor wat ons moet doen en glo. Ons is gemaak om Hom te aanbid en om vrede te vind en vervulling te kry, deur om Hom te volg. As Jesus sê: “Moenie laat julle harte onrus hê nie,” oefen Hy geestelike insig en gesag uit oor ons as mens in ons toestand.

Vrees en leuens gaan hand aan hand. Ons vyand, die duiwel, vertel ʼn leuen om vir ons te lieg en laat ons onseker en bang voel. As ons met vrees gekonfronteer word, moet ons gaan na Jesus. Ons moet probeer om die waarheid te hoor.

God praat met gesag oor ons vrese deur sy waarheid, en deur die leuens wat ons in ons hart geneem het, te ontwapen. Ons moet dapper wees en in geloof wandel en tot aksie oorgaan deur te demonstreer dat ons glo in God se waarheid bo-oor die leuens van die vyand.

Jesus erken die belangrikheid van ons harte en het empatie met wat dit beteken om mens te wees. Hy verstaan wat dit beteken om onsekerheid, versoeking, vrees en angs te ervaar. Wanneer Hy sê: “Laat u harte nie ontsteld word nie.’’ Glo in God. Glo ook in my ”, wys Hy vir ons waar om vrede vir ons moeë harte te vind en nooi ons uit om na ʼn plek van rus onder sy soewereine gesag te gaan.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Vrees Oorgeskryf

Vertrou in die waarheid wat seëvier.

More

Ons wil graag Bryanston Bible Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.bbc.org.za/