Kyknet Lydenstyd Gids 2022Voorbeeld

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

DAG 12 VAN 39

“Paulus gaan toe in die middel van die Areópagus staan en sê: Atheners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is. Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook ‘n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan ‘n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle. Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie. Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee. En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie; want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.” (Hand.17:22-28 AFR53)

Paulus bevind hom in die stad Athene, die destydse mekka van baie verskillende godsdienste. Hy begin sy toespraak deur aansluiting te vind by hulle kultuur en gebruike (Handelinge. 17: 23), maar nooi hulle dadelik uit om hulle gebruike en ervarings, anders te interpreteer (Hand. 17:24).

Alles wat hulle het, hul lewe self, kom van die Skepper God af. Hy het nie net alles vir hulle gegee nie, maar gee hulle selfs ook die lewe (Hand. 17:25). Hy is die Gewer en Onderhouer van die geskenk van die lewe wat hulle ontvang het.

‘n Oortuiging en bewussyn hiervan sal meebring dat jy Hom soek en vind en ervaar (Hand.17:27). Jou lewe sal groter word en jy sal die ware lewe ervaar.

Noem jy jouself lewendig? Kyk, ek belowe jou
jy sal vir die eerste voel hoe jou porieë soos 'n vis se mond oopgaan, en jy sal eintlik in staat wees om te hoor hoe jou bloed deur al die bane bruis,
en jy voel hoe lig oor die kornea gly
soos die sleep van 'n rok. Vir die eerste keer
sal jy van swaartekrag bewus wees
soos 'n doring in jou hak,
en jou skouerblaaie sal pyn van verlange om vlerke te hê. Noem jy jouself lewendig? Ek belowe jou
jy sal doof word deur stof wat op meubels neersak, jy sal voel hoe jou wenkbroue in twee kepe verander, en elkeen van jou herinneringe — sal 'n nuwe begin wees.

Nina Cassian

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.mosaiek.com