Hoop vir VandagVoorbeeld
Vestig jou hoop op God
Wanneer dit met hulle sleg gegaan het, het God se volk keer op keer na Hom gedraai, sodat Hy hulle kon help. En Hy was altyd gewillig en in staat om dit te doen.
In die onbekende tyd wat voorlê, kan jy elke dag met vertroue jou hoop op God vestig. Hy is nog altyd vir sy kinders ’n toevlug in krisistye. Hy sal jou steeds help en vir jou krag gee, net soos Hy dit in die verlede vir sy volk gedoen het.
Hoop is ’n droom wat aanhou, al word ons wakker. (ARISTOTELES)
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons almal kort soms ’n ekstra skoot hoop vir ’n harde dag, moeilike situasies of konstante uitdagings wat jou wil-wil onderkry. Hierdie 10 kort, verkwikkende oordenkings sal jou help om te onthou hoe kosbaar God se hoop is waaraan jy elke dag kan vashou. Hierdie leesplan is saamgestel uit HOOP VIR VANDAG deur Nina Smit.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.cumbooks.co.za