Hoop vir VandagVoorbeeld
Geloof is om te bly glo
Geloof beteken dat jy jou twyfel ’n nekslag sal toedien. Dat jy nie langer daarop sal aandring om sigbare bewyse vir God se liefde en trou te hê nie, maar dat jy op Hom sal vertrou, al gaan dit moeilik. Dat jy sónder om te sien op Hom sal bly hoop.
Geloof is om te bly glo, al kan jy nie sien nie. Dit is ’n vasklou aan God se beloftes, al word geeneen van hulle vir jou waar nie. Geloof maak die onmoontlike moontlik.
Praat geloof. Die wêreld is beter daaraan toe sonder jou uitgesproke onkunde en morbiede twyfel. (ELLA WHEELER WILCOX)
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons almal kort soms ’n ekstra skoot hoop vir ’n harde dag, moeilike situasies of konstante uitdagings wat jou wil-wil onderkry. Hierdie 10 kort, verkwikkende oordenkings sal jou help om te onthou hoe kosbaar God se hoop is waaraan jy elke dag kan vashou. Hierdie leesplan is saamgestel uit HOOP VIR VANDAG deur Nina Smit.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.cumbooks.co.za