MarkusVoorbeeld
Lees: Markus 16
SOAP: Markus 16:5–6
Toe hulle in die graf ingaan, sien hulle ‘n jongman aan die regterkant sit met lang wit klere aan, en hulle het groot geskrik. “Moenie skrik nie!" sê hy vir hulle. "Julle soek Jesus van Nasaret wat gekruisig is. Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie. Kyk, daar is die plek waar hulle Hom neergelê het.”
Oordenking
Waar is jou geloof? Toe dit lyk asof alle hoop verlore was, het die grootste wonderwerk ooit gebeur. Toe Jesus se volgelinge gevoel het dat hulle hul geloof verloor het, was hulle verbaas oor wat hulle gevind het. Hulle geloof in Jesus was nie verlore nie. Hy het opgestaan!
Jesus het oor en oor gewys wie Hy is. Sy opstanding moes geen verrassing gewees het nie. Hy het sy volgelinge baie keer vertel wat met Hom sou gebeur. Hy het met sy lewe en dood gewys dat Hy inderdaad die Seun van God is. Nou, na sy opstanding, sou daar geen twyfel wees nie.
Jesus het voortgegaan om sorg en deernis vir elkeen van sy mense te hê. Hy het die vroue getroos deur ‘n engel te stuur wat hulle vertel wat gebeur het. Hy het al sy dissipels, die manne wat Hom tydens sy inhegtenisneming verlaat het, selfs ook Petrus, herstel. Hy het verseker dat die boodskap en waarheid van sy opstanding die hele wêreld, ook vir jou en my, vandag sou bereik. Ons het vandag die voorreg om die grootste boodskap in die geskiedenis oor te dra: Hy het opgestaan!
Gebed
Here Jesus, dankie dat U my gered het. Dankie dat U die dood oorwin het en vandag en elke dag leef! Help my om vir U te leef, my geloof in U te plaas en elke dag seker te wees van wie U is: Die Seun van God. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en goddelikheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra die outeur: “Waar is jou geloof?” As jy daarna smag om 'n vaste geloof te hê in wie Jesus is en wat Hy kan doen, is hierdie Bybelstudie vir jou!
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/