Vergifnis: Die pad tot vryheidVoorbeeld
Jy het oorgenoeg kapasiteit vir liefde
Alles en almal het ’n sekere kapasiteit. Enige motor kan net soveel bagasie neem. Selfone en rekenaars het ook net soveel geheue en spasie. Dieselfde gebeur met ons as mense. Ons raak vol. Dit lei ek af as mense sê: “Ek is nou behoorlik keelvol.” Dan is hulle geduld-spasie opgebruik. As iemand sê: “My beker loop oor van dankbaarheid,” is hulle blydskap-kapasiteit oorskry. Dit lek al uit oor hulle lippe. Ons elkeen het ’n kapasiteit vir enigiets vanaf geduld tot vergifnis. Van laasgenoemde gepraat, Petrus is bekend vir sy aanbod aan Jesus in Matteus 18 om sy eie vergifnis-kapasiteit vanaf drie keer na sewe keer op te stoot. Jesus is egter nie beïndruk nie. Nie sewe keer nie, maar 70 maal sewe keer!
God het ons kapasiteit vir vergifnis en omgee eindeloos vergroot. Ons benut dit net nie. Ons verkies eerder daardie verbode kapasiteit om te haat, te skinder en te wantrou. Ons het blykbaar altyd kapasiteit vir nog iemand van wie ons nie hou nie. Jesus roep ons egter op tot ’n hoër standaard – Syne. Hy het reeds eindelose nuwe kapasiteit in ons geskep vir liefde. Gebruik dit.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Om te vergeef, kom nooit maklik nie. Vergifnis is vir seker nie om te maak of alles skielik reg is nie. In hierdie 7 oordenkings kom wys Stephan Joubert jou dit is om jou eie seer stukkie vir stukkie by die Here se voete neer te sit en dit daar te laat agterbly. Hierdie leesplan is saamgestel uit ’N VEILIGE VESTING deur Stephan Joubert.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za