Die Meer Van Minder: 'n Gids Tot Minder Goed En Meer VreugdeVoorbeeld

The More of Less: A Guide to Less Stuff and More Joy

DAG 6 VAN 14

Om die Reis te Begin

Baie mense voel ontevrede met hulle oorspandering en opgaardery en wil 'n verandering maak, maar hulle weet nie wat hulle benadering tot minimalisme moet wees nie. 

Dit is hoe ek gevoel het toe ek met my minimalisme reis begin het. Dalk voel jy dieselfde. As jy jou hele lewe daaraan gewy het om dinge na te jaag wat onbelangrik is, kan dit aanvanklik moeilik wees om al die dinge te herken wat regtig saak maak.

Ek wil jou aanmoedig om in elk geval die proses van minimalisering te begin. Ek is seker jy het ekstra besittings waarvan jy wil ontslae raak — maak nie saak wat nie. Begin met daardie dinge en laat die proses van minimalisering jou help om jou visie vir jou toekoms aan te dui. Jy sal vind dat jy jouself vra: watter beginsels moet my lei in terme van wat ek hou en waarvan ek ontslae raak? Jy sal duidelikheid kry oor jou doelwitte en terselfdertyd gevestig raak in 'n ligter leefwyse.

Een van die dinge wat onnodig plek opgeneem het in my motorhuis was 'n stel gholfstokke. Ek het hulle amper nooit gebruik nie. Terwyl ek my minimaliseringsreis begin het, het ek myself gevra: gaan ek regtig baie gholf speel in die toekoms? Indien nie, is dit die moeite werd om 'n stel gholfstokke te hou? Ek het besluit dat gholf nie 'n hoë prioriteit vir my was nie, so toe raak ek ontslae van die stokke. 

Aan die ander kant, ons het ook 'n eetkamertafel gehad wat groot genoeg was vir agt, met sitplekke vir dieselfde hoeveelheid, en tog was ons net 'n gesin van vier. Moes ons 'n kleiner tafel kry en helfte van ons breekgoed weggee? In hierdie geval het ek en Kim besluit ons moet die groot tafel met ekstra sitplekke hou. Om gaste oor te nooi, was vir ons belangrik. Die waarde van gasvryheid het in ons spesifieke praktyk van minimalisme gepas. 

Om te begin om jou goed weg te gee, sal jou help om duidelikheid te gee aan jou doel en waardes. Byvoorbeeld, dit mag dalk vir jou duidelik word dat jy minder tyd wil deurbring op goed sodat jy meer tyd saam met jou gesin en vriende kan deurbring. Of, sodra jy minder geld begin spandeer op inkopies, is jy dalk skielik vry om 'n loopbaan verandering te maak. 

Die besonderhede is so uniek soos wat jy is. Jy sal jou pad vind. Net jy kan dit doen, en jy sal jou bestemming begin sien sodra jy jou reis begin. 

Wat is een besitting wat jy het wat vir jou vreugde bring? Wat vertel jou vreugde jou van jouself?

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The More of Less: A Guide to Less Stuff and More Joy

Die Woord van God sê dat God se waardes verskillend is van die wêreld se waardes. Dit is duidelik in die area van rykdom en besittings. "Hoe meer jy het, hoe beter!" skree die wêreld. God fluister: "Ek is genoeg. Moenie geluk of sekuriteit soek in enige iets anders nie. Jy sal meer vervuld wees as jy minder besit." Minimalisme, die aksie om doelgerig minder te besit is méér as om net van goed ontslae te raak. Dit bied 'n pad om ons lewe te optimaliseer onder God.

More

Baie dankie aan Joshua Becker en WaterBrook & Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bit.ly/1TMUKLi