My Allerbeste Vir Sy HoogsteVoorbeeld
MOENIE SONDER GOD BEPLAN NIE
Moenie sonder God beplan nie. Dit lyk of God ’n wonderlike manier het om die planne wat ons sonder Hom maak, omver te werp. Ons bevind onsself in omstandighede wat God nie vir ons gekies het nie en besef dan skielik dat ons ons planne sonder Hom gemaak het, dat ons nie eers daaraan gedink het dat Hy ’n noodsaaklike, lewende faktor in die beplanning van ons lewe is nie. En tog, al hoe ons selfs die moontlikheid van bekommernis kan uitskakel, is wanneer ons God as die grootste faktor in al ons beplanning beskou.
Dit is ons gewoonte om God eerste te stel in geestelike sake, maar wanneer dit by die praktiese, alledaagse sake kom, is ons geneig om te dink dat dit onnodig en ongewens is. As ons dink dat ons eers ons “geestelike gesig” moet opsit voordat ons tot God mag nader, sal ons nooit na Hom toe kom nie. Ons moet kom net soos ons is.
Moenie die bose om jou in ag neem wanneer jy beplan nie. Bedoel God regtig dat ons nie die verkeerde dinge om ons in ag moet neem wanneer ons planne maak nie? Liefde bedink nie die kwaad nie (vgl. 1 Kor. 13:4-5). Liefde is nie onkundig omtrent die bestaan van die kwaad nie, maar neem dit net nie in ag as ’n beplanningsfaktor nie. Toe ons nog van God geskei was, het ons die bose in ag geneem en in al ons beplanning daarmee rekening gehou. Ons het ook al ons werk vanuit daardie standpunt probeer beredeneer.
Moenie beplan met ’n “reëndag” in gedagte nie. Jy kan nie dinge vir ’n reëndag opgaar as jy werklik op Christus vertrou nie. Jesus het gesê: “Julle moet nie ontsteld wees nie … ” (Joh. 14:1). God die Vader sal nie verantwoordelikheid neem om te sorg dat jy nie ontsteld is nie. Nee, dit is ’n opdrag: “Julle moet nie … ” Om by daardie punt te kom moet jy self opstaan, selfs al val jy honderde kere per dag, totdat jy in die gewoonte kom om God eerste te stel en jou planne te beraam met Hom voorop in jou gedagtes.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons sê ons vertou op God, maar daar is tog soveel om ons oor te bekommer! Oswald Chambers deel ’n ander perspektief met ons: “Dink daaraan hoe onnodig en oneerbiedig dit is dat jy jou bekommer.” Sjoe! Oswald moedig jou aan om te onthou God weet wat Hy doen. Kweek vandag ’n gesindheid van diepe afhanklikheid en vertroue op God. Hierdie leesplan is saamgestel uit MY ALLERBESTE VIR SY HOOGSTE.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za