In Jesus Is Jy...Voorbeeld
Oordenkingsvrae:
1. Hoe het Christus jou lewe gered uit die mag van die duisternis? Hoe troos dit jou om te weet dat Hy altyd werk vir jou bevryding, ongeag die omstandighede?
2. Omdat ons deur genade gered word, sal niks wat ons kan doen ons status as kind van God verander nie. Glo jy dit? Hoekom of hoekom nie?
3. Hoe het Christus jou vryheid gegee? Waarvan is jy vandag vry waarvan jy nie vry was voordat jy met Christus gewandel het nie?
4. Het Christus jou liefgehad voordat jy Hom liefgehad het? Hoekom? Wat het jy gedoen om sy liefde te verdien voordat jy Hom liefgehad het?
5. Wat beteken dit om in die liggaam van Christus ontvang te word? Hoe kan jy ander in die liggaam van Christus ontvang en verwelkom?
Aangaande hierdie leesplan
Wie is ek? Waarom is ek hier? Maak ek saak? As ons nie weet wat ons identiteit is nie, kan ons nie leef soos ons bestem is om te leef nie. Ons kan probeer om ons identiteit deur ons gesin, loopbaan, vriende, stokperdjies of nasionaliteit te definieer. In hierdie studie gaan ons fokus op die waarheid wie ons in Christus is en daardeur ons ware identiteit verstaan.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com