Geloof Bo VolmaaktheidVoorbeeld
Oordenkingsvrae:
1. Lys 'n paar ooreenkomste tussen Abraham en Isak se lewens. Hoe het hulle albei geloof getoon? Wanneer het hulle in vrees pleks van in geloof opgetree?
2. In jou verhoudings, tree jy op uit geloof of uit vrees? Streef jy na vrede, met die geloof dat God jou verdediger sal wees as konflik ontstaan? Hoekom of hoekom nie?
3. Is God geregverdig in al sy handelinge? Moet Hy genadig wees met almal? Waarom of waarom nie?
4. Hoe het God jou in jou lewe van sonde verlos, herstel of herbou? Glo jy dat Hy in staat is om jou te verlos, te herstel en weer te herbou as jy in die toekoms sou misluk? Hoe kan jy geloof beoefen in sy vermoë om jou vandag te herstel?
5. Hoe vra God jou om vandag in geloof op te tree? Wat vra Hy jou om Hom mee te vertrou? Is jy bereid om dit aan Hom oor te gee?
Aangaande hierdie leesplan
Wat vra God van ons? Dis ‘n vraag waarmee ons almal worstel. Al wat God vra is dat ons glo. "Geloof Bo Volmaaktheid" ondersoek die geloofslewens van Abram (later Abraham genoem) en sy seun Isak. Hulle was nie volmaak nie. Daar was talle oomblikke toe hulle dade nie met hulle geloof gestrook het nie. Abram het op die Here vertrou en die Here het hom as regverdig gereken. (Genesis 15:6)
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/