Sewe Doeltreffende Gebede vir Ongeredde MansVoorbeeld
“Die Here sorg vir die [onversetlike] regverdiges en luister na hulle hulpgeroep. Maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen en vee selfs die herinnering aan hulle van die aarde af. As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses”(Psalm 34:16-19 AFR83).
Die ongelukkige waarheid is dat die meeste mense ten minste een traumatiese gebeurtenis in hul leeftyd ervaar het. Baie ander het 'n dieper meer komplekse trauma beleef. Dit is die geval wanneer jy blootgestel word aan veelvuldige traumatiese gebeure regdeur jou kinderjare. Beide geïsoleerde sowel as komplekse traumatiese ervarings kan 'n groot impak op iemand se lewe hê. Dit kan die oorsaak wees van 'n langtermyn impak in 'n volwasse lewe en ook in romantiese verhoudings. Hierdie ervarings in die kinderjare word as nadelig beskou, en dit kan lei tot gesondheid en gedragskwessies.
Wanneer jy vir jou man bid, is dit van hulp om te weet waarvoor jy bid en ook waarteen jy bid. Dit is belangrik om bewus te wees van hierdie onderskeid sodat jou gebede akkuraat en treffend kan wees. Jy sal moet weet of die probleme wat jou man in die gesig staar, uit sy kinderjare of volwasse lewe afkomstig is. Jy moet weet of die kwessie geestelik, natuurlik of albei is. Jy moet weet watter teksgedeeltes om toe te pas en of jy nodig het om te vas en bid teenoor net bid (Matteus 17:21). Jy het nodig om die gebed van geloof te ken en verstaan en bid met gesag en krag. Matteus 17:20-21 laat weet ons dat ons net die geloof van 'n mosterdsaadjie hoef te besit om berge in ons lewens en huwelik te versit. Dit mag onmoontlik wees vir jou, maar niks is onmoontlik vir God nie.
Gebed vir jou man om genees te word van vorige trauma:
Vader, in die Naam van Jesus, bid ek die gebed van geloof oor die trauma wat my man in die verlede beleef het. Wat hy ondervind het in sy kinderjare/volwasse lewe was ongelukkig en onregverdig. Ek weet egter dat alles ten goede meewerk, want ons het U lief en is geroep volgens u doel vir ons lewens. Here, ek weet dat my man my wil liefhê soos Jesus die kerk liefgehad het en Homself vir haar gegee het, maar hy veg teen 'n mag wat groter as hy is. Ek bid dat U elke seer wat hy het sal genees en elke wond wat hy sy lewe lank ronddra, sal versorg. Here, wys hom dat U Jehova Tsidkenu is, die Here van ons Geregtigheid. U het belowe om hom nooit te verlaat nie. Selfs as diegene wat veronderstel was om hom lief te hê en vir hom te sorg, hom verwerp, ongeliefd en ongewens laat voel het, het U hom nooit verlaat nie. Here, Ek bid dat hy u oorvloedige liefde kan ervaar, genees kan word van sy verlede, en verhef word tot die man wat U hom van geboorte af gekies het om te wees. Voordat U hom in die moederskoot gevorm het, het U hom geken, voor hy gebore is het U hom aan U gewy en hom as profeet vir die nasies aangestel. (Jeremia 1:5). In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
God het mans so geskape om die leidende dienaars van hul huise/huwelike te wees. Hy moet sy vrou en kinders lei op dieselfde manier as wat Christus die kerk gelei het. Wanneer mans God nie as hulle Here en Verlosser ken nie, kan hulle nie deur Christus se voorbeeld lei nie. Hierdie toewyding sal sewe effektiewe gebede verskaf wat vrouens vir hul ongeredde mans kan bid sodat hulle tot die kennis van God se waarheid kan kom.
More