BibleProject | Advent OordenkingsVoorbeeld

BibleProject | Advent Oordenkings

DAG 18 VAN 28

Israel het hulle eie pad weg van God gekies. As gevolg daarvan was hulle uit hulle land verban en deur vreemde nasies regeer. Maar die profeet Jesaja het geweet dat verdriet en hartseer nie die laaste woord sou hê nie. Hy het uitgesien na die dag wanneer Israel se genadige God 'n verlosser sou oprig om hulle van onderdrukking te verlos en hulle tot ewige vreugde te lei. 

Lees:                                                                             

Jesaja 51:11, Jesaja 49:13 

Reflekteer:

Identifiseer areas van jou lewe wat nou swaar voel. Lees vandag se gedeeltes versigtig met jou eie ervarings van verlies of hartseer in gedagte. Watter gedagtes of gevoelens kom na vore as jy dit weer lees? Vra vir God om jou te troos met 'n hernude siening van Sy ewige vreugde.  

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

BibleProject | Advent Oordenkings

BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflektiewe vrae in wat deelnemers help om die Bybelse betekenis van hoop, vrede, vreugde en liefde te verken. Kies hierdie plan om te ontdek hoe hierdie vier deugde deur Jesus die wêreld bereik het.

More

Ons wil BibleProject bedank vir die verskaffing van hierdie Plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibleproject.com