Jou Vers Vir Die DagVoorbeeld
Lukas 7:9
"Toe Jesus dit hoor, was Hy oor hom verwonderd, en Hy draai Hom om en sê vir die skare wat Hom volg: Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so ‘n groot geloof nie gevind nie."
- Ons leef in moeilike tye, en hierdie tye vereis groot geloof.
- Hierdie is nie ‘n tyd vir vrees en benoudheid nie.
- Hierdie is ‘n tyd om God te vertrou soos nog nooit tevore nie.
- Mag jy een van daardie mense wees wat daarvoor bekend staan dat jy baie geloof het!
Gebed: Vader, ek verwerp alle vrees, angs en wanhoop, en ek verklaar dat ek in U glo. Ek vertrou U in hierdie seisoen van my lewe. Ek kies geloof, ten spyte van die storm of die vloed wat my omring. In die Naam van Jesus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronglik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
More
Ons wil graag Alive to God! bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://alivetogod.com/subscribe