Bemoedigende WoordeVoorbeeld

Bemoedigende Woorde

DAG 3 VAN 10

Markus 4:39

“En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê,
 en daar het 'n groot stilte gekom.”  

  • Wanneer die Here praat, moet selfs die winde en die golwe gehoorsaam wees.  
  • Hy kan die woorde uiter: "Stil! Wees stil!" en alles moet Hom gehoorsaam.  
  • Verwag om Hom te hoor praat gedurende die geraas van uitdagings en moeilikheid.
  • Sy teenwoordigheid in ons lewens is ons waarborg dat alles in orde sal wees.

Gebed: Vader, dankie dat U met my is ongeag die omstandighede waarin ek verkeer. U spreek en net een woord van U verander alles. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Bemoedigende Woorde

Hierdie leesplan is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort kerngedagtes en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

More

Ons wil graag Alive to God! bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://alivetogod.com/subscribe