Vertrou Op Die Een Wat Getrou Is Voorbeeld
Hou styf vas
Die beste plek om ons geloof uit te leef, is op die woeste waters, weg van die hawe waar die bote veilig teen die storms beskut is. Daar buite op die groot golwe, op die wye oseaan, word ons geloof nie net getoets nie, maar groei dit ook.
Die meeste groot gelowiges oor wie se lewe ek al gelees het, was mense wat die gevaarlike waters getrotseer het. Hulle geloof het nooit in ’n stil hoekie van ’n klein hawe agter die breekwater gegroei nie, maar daar buite tussen die enorme golwe.
Dalk is daar iets wat jou vanoggend baie pla. Vandag kan jy gerus wees dat God getrou is. Selfs wanneer jou geloof swak voel, is God steeds net so getrou soos altyd.
Matthew Henry, ’n bekende Christen-teoloog wat vanaf 1662 tot in 1714 geleef het, het gesê: “Wanneer ek nie die gerusstelling van geloof kan voel nie, leef ek volgens die waarheid dat God getrou is.”
As ons vandag nie kan vertrou op ons gevoel dat ons glo nie, kan ons wel vertrou op die waarheid dat God getrou is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
“As jy vandag jou vertroue in iemand wil plaas, is daar niemand wat jou vertroue meer verdien nie as die Goeie Herder, die Here Jesus Christus. Ek kan hierdie Herder van harte aanbeveel. Sedert die dag dat ek die eerste keer my vertroue in Hom geplaas het, het Hy my nog nooit in die steek gelaat nie.” Deel Angus Buchan se vertroue-reis in 14 oordenkings uit sy dagboek ’N MOSTERDSAAD.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/