Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning Voorbeeld

Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning

DAG 7 VAN 10

Jy is veilig in sy liefde

God het jou lief; dit maak nie saak wat gebeur nie. Wat ’n wonderlike wete! Hy gaan nêrens heen nie en niks wat die lewe na jou kant toe gooi, het die krag om sy liefde te keer nie. Nie eens jou dood nie, want om hierdie lewe te verlaat, plaas jou direk in sy kosbare hemel. Daar is nie ’n beter plek om te wees nie.

Niks waarmee die Satan jou aanval, kan God se liefde oorwin nie. God is sterker en magtiger as die bose een; daarom kan jy styf aan God vashou! Selfs nog wonderliker nuus is dat jy nie God se liefde vir jou kan uitput nie. Jou bekommernisse, jou vrese, jou onsekerhede – niks hiervan is groter as God se liefde nie. Dink ’n bietjie hieroor: Hy het jou liefgehad deur jou mislukkings, jou vertwyfeling, jou teleurstellings, jou vreugdes en suksesse heen. Jy kan rus in die seker wete dat jy geborge is in ’n liefde so diep, so groot en sterk dat niks jou ooit daaruit kan losruk nie.


Ons gevoelens kom en gaan, maar God se liefde vir ons staan vas. (C.S. Lewis)

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning

God se Woord bevestig deurgaans hoe kosbaar ons is. Jesaja 43:1 herinner ons dat Hy ons by die naam geroep het; ons behoort aan Hom! Carolyn Larsen se 10 oordenkings uit haar dagboek GEÏLLUSTREERDE OORDENKINGS VIR VROUE sal jou help om bemoediging te vind in die wete dat jy ’n kosbare en geliefde dogter van die Koning is. Hy het jou lief; in sy hand is jy veilig!

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/