Vandag Se WoordVoorbeeld
Matthéüs 6:34
"Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad."
- Om in die huidige oomblik te lewe, is ‘n geheim vir 'n suksesvolle lewe.
- Wanneer ons die bekommernisse van môre in vandag inbring, beroof dit ons van ons vreugde en krag.
- Moenie vandag verkwis nie, gebruik dit om te doen wat gedoen moet word.
- Môre sal vir homself sorg en God sal jou die nodige krag gee.
Gebed: Vader, vergewe my dat ek té angstig en besorg oor môre is. Dankie vir hierdie pragtige dag wat U my gegee het, mag ek dit gebruik om te bereik wat U vir my beplan het. In die Naam van Jesus. Amen.
Dit is die laaste dagstukkie in hierdie reeks. Vir meer oor "Alive to God" of om die dagstukkies per e-pos te ontvang, besoek gerus: alivetogod.com/subscribe
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
More
Ons wil graag Alive to God! bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://alivetogod.com/subscribe