Die Ek Wat Ek Wil WeesVoorbeeld

Die Ek Wat Ek Wil Wees

DAG 4 VAN 10

Wat beteken dit as iemand sy of haar naam verander? As 'n vrou, met haar troue, besluit om die naam van haar man aan te neem, of om haar familienaam te behou, of om albei vanne te koppel, wat sê sy oor die mate waarin die huwelik haar identiteit herdefinieer?

Hierdie is ‘n belangrike oomblik wanneer God vir Jakob ‘n nuwe naam gee. Hy gee hom ‘n nuwe identiteit. Hierdie nuwe identiteit verseker dat, ten spyte van wie hy is, of wat hy gedoen het, het God ’n nuwe toekoms vir hom gegee.

Ons sien die krag van ’n nuwe naam in Jakob se lewe. In daardie dae het die naam, Israel, kragtige betekenisse gehad. Deur aan Jakob die naam Israel te gee, het God vir hom gesê: "Jy is nie meer Jakob die bedrieër, die een wat altyd die waarheid probeer omseil nie. Van nou af is jy Israel, die een in wie God regeer, die een wie se lewe gefokus is op God se doelwitte, die een wat in staat is om moeilike kwessies te hanteer."

Die interessante ding is dat Jakob onmiddellik begin om sy nuwe naam gestand te doen. Ons sien nie weer dat hy iemand bedrieg of die waarheid probeer omseil nie. Daar is ’n nuwe nederigheid in hom. Wanneer hy uiteindelik voor sy broer staan, buig hy sewe maal voor hom, en word hulle na al die jare versoen. Jakob het ook nuwe moed. Hy is nou bereid om Esau self te ontmoet, eerder as om ander in sy plek te stuur. Jakob probeer nie meer van die werklikheid ontsnap nie. Hy het verander van iemand wat altyd probeer om die moeilike kwessies te ontwyk, na iemand wat gewillig is om dinge onder die oë te sien. Sy nuwe naam het hom bekragtig om op ’n nuwe manier te leef.

Ons word nie gedefinieer deur die sonde en mislukkings van ons verlede nie. Ten spyte van wat ons is, of wat ons gedoen het, gee God ’n nuwe toekoms vir ons. Ons almal se naam is aanvanklik "Bedrieër". Ons almal is die bedrieër, MAAR ons almal is ook Israel. Dis een van ons name. Israel is ook die naam van die kerk. Om deur God oorwin te word. Ons is ook van nou af Israel, "die een in wie God regeer, die een wie se lewe gefokus is op God se doelwitte, die een wat in staat is om moeilike kwessies te hanteer."

Natuurlik kan ons nie fisies Jakob se ervaring langs die Jabbokrivier dupliseer nie. God het nietemin ’n nuwe naam vir elkeen van ons. Hierdie nuwe naam herinner ons aan wie ons werklik is, aan wie ons behoort te wees en wat ons ware roeping is.

Baie van ons vind dit besonder moeilik om te glo. Ons sukkel dalk met negatiewe prentjies van onsself. Dalk worstel jy met ’n swak selfbeeld en ’n onvermoë om jou waarde te besef. Of jy voel dalk dat jy te veel sonde het om God se liefde waardig te wees. Of dalk, as gevolg van swaarkry of onregverdige tragedie, voel jy dat God teen jou is.

Die waarheid van die evangelie is dat jy ten diepste aanvaar, vergewe en nuut word deur God in Jesus Christus.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Die Ek Wat Ek Wil Wees

"Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen[Godgegewe identiteit]. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes" (Lukas 6:35).

More

Ons wil graag vir Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/