Laat Sy Liefde Jou LeiVoorbeeld

Laat Sy Liefde Jou Lei

DAG 5 VAN 7

Kén jy Hom?

Wanneer ken jy iemand? As jy weet wat sy naam, beroep en gesinsverband is? Wanneer jy sy persoonlikheid, gewoontes en voorkeure verstaan? Of is om te “ken” dalk meer intiem? Soos om werklik iemand se hart te hoor klop, begrip vir daardie persoon te hê en in ’n persoonlike verhouding met hom of haar te leef?

Die feit is, God wil hê dat ons Hom regtig sal kén: dat ons so naby aan Hom sal leef dat ons sy grootheid sal sien, sy liefde werklik sal aanvoel, sy wil sal wéét en deurgaans bewustelik sal beleef dat Hy bý ons – ín ons – is. Wanneer ons Here bloot vir ons ’n feitekennis-God is waarvan ons in die Bybel lees, kén ons Hom nie. En dan ... mis ons ’n ongelooflike stuk rykdom in ons lewens.

God wil hê dat jy in ’n intieme verhouding met Hom sal staan. ’n Verhouding waarin jy daagliks sy hand neem, sy Woord jou eie maak, sy stem in jou lewe toelaat en sy leiding volg. Want wanneer jy dit doen, leef jy in ’n nuwe dimensie met die Skepper, met jouself en met ander.

Laat toe dat die Gees aan jou openbaar wie God werklik is. Wie Hy vir jóú wil wees.

Maak Uself aan my bekend, grote God.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Laat Sy Liefde Jou Lei

Deur die eeue was God op kreatiewe maniere by sy kinders betrokke. Jy moet onthou dat dit vándag in jóú lewe ook die geval is. Plaas die beheer van jou lewe in sy hande en jy sal ervaar hoe sy liefde jou met teerheid toevou en lei deur die goeie én moeilik dae. Hierdie sewe oordenkings is geneem uit LAAT SY LIEFDE JOU LEI deur Milanie Vosloo.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/