Vanuit Die HartVoorbeeld

Vanuit Die Hart

DAG 2 VAN 7

Wees jouself, maar wees jou beste self

Die samelewing het nogal ’n manier om ons, as vroue, met twee teenoorgestelde en uiterste menings te beïnvloed. As ons te veel tyd aan die versorging van ons liggame afstaan, dink mense ons is ydel. As ons onsself en ons liggame aanvaar, dink hulle ons gee nie om hoe ons lyk nie.

My skoonpa het eenkeer opgemerk dat daar nie so iets soos ’n lelike vrou is nie, maar daar is wel so iets soos ’n onversorgde vrou. ’n Vrou wat haarself goed versorg, is ’n pragtige vrou. Om vir jou liggaam te sorg, beteken glad nie jy is ydel nie, maar jou grootste doelwit daarmee behoort te wees om gesond te wees.

1 Korintiërs 6:19-20 sê: “Verstaan julle nie dat julle liggame ’n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is teen ’n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik.”

Ons is besonder wonderlik na die beeld van God geskep. Dit is ons verantwoordelikheid om ons liggame te versorg en gesond te bly. Dit is immers die tempel van die Heilige Gees.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Vanuit Die Hart

Rolene Strauss ken die eise van ma- en vrou-wees. Dit is haar passie dat elke vrou moet besef hoe waardevol sy is en dat sy haarself nie aan ander se skewe maatstawwe moet meet nie. In die volgende 7 dae gesels sy met vroue oor verantwoordelikhede, ware skoonheid en tydsbestuur – dinge wat vir die meeste vroue en ma’s alledaagse uitdagings is. Hierdie leesplan is saamgestel uit VANUIT DIE HART.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/