Kies Om Dankbaar Te WeesVoorbeeld

Kies Om Dankbaar Te Wees

DAG 4 VAN 7

‘n Dankbare hart is soos ‘n magneet

‘n Dankbare hart is soos ‘n magneet wat redes bymekaar maak om dankbaar te wees.

Vers 23: “Ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het: Die Here Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is, brood geneem (vers 24) en, nadat Hy God daarvoor gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: 'Dit is my liggaam; dit is vir júlle. Gebruik dit tot my gedagtenis'” (1 Korintiërs11:23-24).

Ons sien nie dikwels die woorde verraai en dankbaar in dieselfde sin nie. Jesus en sy dissipels was in die bokamer. Judas sou Jesus binnekort verraai en Petrus sou Hom verloën. Jesus het dit geweet. Tog het Hy daardie nag, toe Hy verraai en verloën sou word, vir God gedank. Midde in sy donkerste uur het Jesus sy weg oop gesien om dankie te sê. Enigeen kan God dank vir die lig. Jesus leer ons om God ook vir die nag te dank.

Wanneer die lewe moeilik raak en dinge nie gebeur soos ons beplan nie, is ons geneig om te kla en te kerm. Ons raak ongelukkig en vra hoekom die Here ons so onregverdig behandel.

Dankbaarheid kry ons deur die moeilike tye. Dankbaarheid is ‘n kortpad na geluk en vrede.

Max Lucado stel dit so mooi: “Dankbaarheid doen aan angs wat die oggendson aan ‘n vallei van mis doen. Dit brand dit weg. Wanneer jy fokus op dankbaarheid en jou seëninge, dan gryp angs sy tasse en glip by die agterdeur uit. Bekommernis weier om die hart te deel met dankbaarheid. Een opregte 'Dankie' suig die lewe uit bekommernis se wêreld.”

Sê dit dus dikwels: “Dankie.” Fokus meer op wat jy het en minder op wat jy nie het nie.

Dink aan maniere hoe jy vandag jou dankbaarheid teenoor die Here kan betuig. Jy kan dalk ‘n brief skryf waarin jy al sy seëninge noem of jy kan ‘n lied skryf tot sy eer. Jy kan ‘n weeskind borg of ‘n minderbevoorregte gesin help. Jy kan ‘n lekker bord kos kook en iemand wat alleen is, nooi om dit saam met jou/julle te kom geniet. Wees kreatief in hoe jy jou dankbaarheid uitdruk.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Kies Om Dankbaar Te Wees

Dankbaarheid is 'n keuse. Ons kan nie wag tot alles in ons perfek is voor ons besluit om dankbaar te wees nie. Daardeur misken ons nie die slegte dinge en lyding in die lewe nie, maar ons kies om die lig van dankbaarheid deur ons te laat vloei en ons lewens te verlig. Dankbaarheid maak die lewe ligter en bring vreugde.

More

Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://witfontein.co.za/