21 dae na 'n Oorvloedige LeweVoorbeeld

21 Days to Overflow

DAG 16 VAN 21

Die Salwing van die Heilige Gees

Ons het begin deur onsself leeg te maak van die dinge wat ons lewens en ons wandel met God besoedel het. Toe het ons daardie leeg gemaakte plekke gevul met die Persoon en Teenwoordigheid van die Heilige Gees. Nou leer ons om in 'n lewenstyl te wandel wat altyd oorvloedig is, in die Heilige Gees. Dit het begin met die ontdek, of herontdek dat die Heilige Gees regtig op 'n konstante basis met ons wil gemeenskap hê. Vandag gaan ons dieper.

Water verteenwoordig baie dikwels in die Ou Testament die teenwoordigheid en werk van die Heilige Gees. Terwyl ons die simboliek van hierdie profesie op ons eie lewens toepas, kan ons sien dat daar verskillende grade van die salwing van die Heilige Gees is waarin ons kan kies om te werk. Vir sommige van ons werk ons in 'n salwing wat slegs enkel-diep is. Sommige van ons is middellyf-diep, ander nek-diep. Daar is egter magtige strome in die rivier van God wat ons in 'n posisie plaas waar ons nie meer op ons eie hoef te staan nie; ons kan eerder in die vloei van God beweeg.

In 1 Johannes 2:27 sien ons verwysing na die salwing van die Gees.

Ons sien weer verwysing na die salwing in Jesaja 10:27, te midde van die profesie van die oorblyfsels van Israel. Uit hierdie gedeelte kan ons sien dat die salwing van die Gees groot krag het en, soos die vers sê, kan Hy “die juk vernietig” en die las verwyder.

Ons moet voor God ons begeerte bely om uit die enkel- en middel-diepte waarin ons opereer het te kom. Ons moet God vra vir so 'n toename dat ons net daarin sal kan swem — vir 'n volle salwing van die Heilige Gees.

Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

21 Days to Overflow

In die 21 Dae tot 'n Oorvloedige Lewe YouVersion leesplan, sal Jeremiah Hosford lesers op 'n 3 weke reis neem om hulself van hulself leeg te maak, met die Heilige Gees vervul te word en 'n oorvloedige, Geesvervulde lewe uit te leef. Dit is tyd om op te hou om normaal te lewe en 'n oorvloedige lewe te begin lei!

More

Ons wil graag Four Rivers Media bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.theartofleadership.com/